heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 7 months ago #247775 by minki.vandriel
Hi almal!

Ek hoop dit gaan goed met julle almal. Gaan heel goed hier. Ek was Maandag weer vir 'n 4D scan omdat ek dit verniet gekry het saam met my laat Femina bed booking. Maar baba is al baie te groot en lekker laag met sy koppie, so ons kon regtig NIKS sien nie - haha! Ten minste weet ek hy le mooi reg vir geboorte en weeg nou 'n gesonde 2.2kg. Die skoppies raak nou lekker skerp :ohmy:
Ek het gister my laaste Hypnobirthing klas gehad. Ek moet se na daai journey saam met die boek wat ek deurgelees het, voel ek BAIE rustiger oor alles en is baie meer voorbereid. Dit voel regtig asof daai kursus jou die "tools" gee om 'n great geboorte te skenk :) Julle moet eintlik bietjie hypnobirthing gaan Youtube - julle sal die NIE glo nie!

Stella, jou dae raak nou baie min! Bly om te hoor al die dinge vorder darem mooi en val nou in plek :) :woohoo:

Kayla - ai klink my jy't 'n skaam enetjie daar :) Hopelik sal jy kan sien met die volgende sonar! Ek hoop jou bloedtoetse is ook goeie nuus! My bloeddruk was ook laag tot die 2de trimester, toe kom dit darem reg (phew), maar hulle se eerder te laag as te hoog! Dis darem 'n goeie teken as jy nie siek voel nie. Sterkte!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247774 by TanyaS
More almal!

Shame Kayla, hoop jy kan by jou volgende scan sien of dit a dogtertjie of seuntjie is. Vat dit mar rustig met jou gesondheid, rus sommer baie.

Niks nuuts aan my kant nie :)

Geniet julle dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247748 by StellaK
Goeie middag dames,

Tanya, hoop jy kry jou senuwees so bietjie kalmer oor die geboorte.
ja kyk, die tyd raak nou omtrent min. kan nou eintlik al die dae begin tel ipv weke :laugh:

Kayla, ag lekker. en hoe groot is baba nou?
dis darem lekker om hulle so op die sonar te sien.
baie sterkte met die hospitaal dinge. ek hoop regtig dat als ok is. jy moet ons asb op hoogte hou

hallo aan al die ander
:heart:
geniet die middag

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]
The following user(s) said Thank You: kayla

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247725 by kayla
Hello julle

Dit was wonderlik om baba boontjie te sien, ongelukkig is dit nog n boontjie want beentjies was heeltyd gekruis, wou niks weet om ons te wys of dit pienk of blou is nie :P

My dokter is n bietjie bekommerd oor my gesondheid so sy gaan my volgende week opneem en klomp bloedtoetse en ander toetse doen. My bloeddruk is baie laag en my hart klop onreelmatig so my ander organe kry nie genoeg bloed nie. Ek voel nie eens siek nie, maar ek het nog altyd n hart defek gehad wat nou bietjie erger is omdat ek nie mag meds drink nie. Die toetse is maar net om seker te maak ek is nog OK.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247722 by TanyaS
More almal! Hoop dit gan goed?

Kayla, hoe was jou afspraak Saterdag?

Stella, dis al amper amper tyd vir jou :)

Gisteraand was DVD aand my ons antenatal klasse, ek moet se ek voel meer op my senuwees as ooit :( ek is nogal bang vir die geboorte, en niks van die opsies lyk vir my sover goed nie lolololololol. Ek wil nie snye he nie, so keiser is uit. Ek wou epidural met normale geboorte he, mar as ek daai naald so kyk......

Anders as dit het ek nie nuus nie :)

Geniet julle dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247709 by StellaK
Goeie middag dames,

hoe was jul lang naweek?
hoe gaan dit met julle?

ons was omtrent bedrywig met baba-dinge, en nou voel dit eers vir my of ons vorder. het begin wasgoed was - eks nou so halfpad.
het sommer sy kot mooi opgemaak, so sy bedjie is nou reg.
en daar is darem nou al 'n paar goedjies op hul regte plek.

geniet die week dames
:heart: :heart:

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 8 months ago #247609 by TanyaS
Hello Kayla,

Yip ek het ook mar krampe by ribbe area gekry, dis mar net bietjie wind en lug wat vassit. As dit baie seer word, staan op en strek jou arms in die lug, dit help darem so effe.

Ek kry nou nog baie ribbe pyn, mar dis mar net oor baba wat onder inklim, ek is 1.67 so my torso area is mar klein. Ek is bly jou afspraak is a dag vroer, geniet dit!

Hello aan al die ander :)

Geniet julle lang naweek!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account