Hi almal!
Hoe gaan dit met julle? Gaan baie goed met ons - begin nou net rerig die weke aftel! Seuna begin omtrent mamma se arme maag vertrap!

Maar dis darem lekker om te voel hy is aktief en okay

Ek sien nogal uit om my vroedvrou more te ontmoet! Die vorige afspraak was net 'n info sessie by die hoof vroedvrou, maar ek verkies om 'n afrikaanse een te gebruik vir ons geboorte. Ons afspraak is sommer by die hospitaal sodat ek hulle "active birth units" bietjie kan sien!
Verder begin ons stadig maar seker baba kleertjies, komberse en car seat covers was (dankie tog vir sussie se ou car seats wat ons weer kan gebruik!) en die babakamer is ook al so te se klaar

Ek moet nog net die paneel heater verf om by die muur te pas (ek kan GLAD NIE onthou wat die verf kode was nie!

) en ons wou sussie se wiegstoel hergebruik in boetie se kamer, maar met haar skool toe gaanery en PERMANENT siek wees, gebruik ons dit nou nog so baie vir haar deur die nag...

Eintlik ironies, want toe sy heel klein was het ek so te se NOOIT die wiegstoel gebruik nie! Sy was rerig n baie maklike baba sonder koliek en reflux. Ek het rerig MIN burpies uitgevryf of aan die slaap gesus. Dit was net nie nodig nie. Baie blessed gewees!
Enige exciting nuus aan julle kant behalwe die vakansiedag wat voorle!?