Kayla
Stella is reg. Onthou jy kan ENIGE tyd as jy wil weer die medies bel en net hospitale verander (soos ek nou doen op 31 weke). Hulle verander dit maar net sonder issues

So moenie voel as jy nou jou bed boek is dit nie veranderbaar nie!
Dan stem ek ook saam met Stella itv normaal kraam. 'n Goeie vriendin van my (baie klein en petite) se dokter het haar forseer om te keiser. Volgens hom was sy "te klein". Noudat sy weer swanger is, wil hy skielik nie eers meer bevallings doen nie. Sy kan haar hare uit haar kom uittrek dat sy nie normaal gekraam het nie, want VBAC het soveel meer risiko's.
Hier is basies waaroor dit gaan: Die gynea voel wel jou bekken grootte, MAAR dit is geen indikasie dat jy te klein / groot genoeg is nie! Daar is ligamente wat jou bekken bymekaar hou. Ligamente kan gewoonlik glad nie rek nie, maar tydens swangerskap skei jou lyf die hormoon "relaxin" af. Dit MAAK jou ligamente rekbaar

Liewe Jesus se tower manier om jou "gewoonlik onbeweegbare bekken" adjustable te maak om te kan oopmaak vir jou baba. Dit is rerig MIN gevalle waar mammas nie normaal kan kraam nie - en wanneer dit die geval is - soos stella se - is dit wanneer jy alreeds in kraam is. Daar is geen manier wat n dokter vir jou gaan kan se hoe wyd jou ligamente gaan kan strek tydens die druk proses nie. Maar hoe meer ontspanne en selfversekerd - hoe meer oxytocin en endorfiene skei jou lyf af - hoe meer relaxin - hoe groter jou bekken

Ons vroue lywe is net amazing ontwerp asook ons baba se lyfies om by ons sn te pas.. dis nie ontwerp vir emergencies en "what if's" nie.
Ons staan nie elke dag op en dink; sjoe ek hoop nie ek kry vandag n hartaanval nie.. of ek hoop nie 'n bus ry my om vandag nie.. Dis wel moontlikhede wat KAN gebeur, maar ons ag dit nie as die norm nie. So hoekom ag ons die feit dat ons lywe nie kan doen waarvoor dit ontwerp is nie as die norm? Net interessant vir my..