Plesier, Kayla.
Janee sover ek weet word meeste dinge darem deur ons medies gedek

As jy met 'n ginekoloog gaan, behoort jy nie issues te he nie.
Ek stem beslis saam oor die homebirthing. Dit word ook nie aanbeveel vir 'n eerste kind nie. Ek is ook maar bietjie nervous om te ver weg van 'n hospitaal te wees - so as dit nie was vir die eenhede by Femina nie, sou ek beslis ook eerder by 'n hospitaal gebly het.
'n Opsie wat jy wel kan oorweeg as jy dalk wou - is om saam met die dokter in die hospitaal 'n vroedvrou / doula te kry ook. Ek dink ek sou dalk dit gedoen het as ek weer in die hospitaal moes wees. Jou dokter word eers gebel net voor die "druk fase" begin. So jy gaan dus die meeste van jou kraam deur net met susters te doen he. Die susters kan baie pushy en suggestief wees. Jou laat voel asof dit veronderstel is om so seer te wees dat jy wil doodgaan en jou oorreed om medikasie te neem wat jy nie noodwendig wil / nodig sou he nie. 'n Doula / vroedvrou is maar net 'n nice "buffer" om te he vir "sagter" kommunikasie en uitskakeling van onnodige "medical intervention" soos in my geval.
Die verskil is: 'n suster is ingestel op hospitaal en dokter se tyd en convenience (dis n FEIT) terwyl die vroedvrou / doula ingestel is op JOU en BABA en wat die beste vir JULLE is. Ek kan getuig daarvan

Maar as jy 'n kwaai, uitgesproke EN ingeligde man / birth partner het, kan dit ook BAIE help ipv noodwendig n doula / vroedvrou.
In 'n neutedop: Hoe rustiger en kalmer jy is en hoe minder spanning en druk op jou geplaas word met allerhande onnodige vrae en suggesties.. hoe meer gaan jou liggaam veilig voel om "oop te maak" om 'n great rustige geboorte te he. ONTSPANNING en GEMAK is die 2 belangrikste elemente vir hierdie dag en elke mamma verdien dit!