Hi Almal!
Stella - eks bly jyt die hospitaal toer geniet. Mens voel sommer bietjie beter en meer voorbereid
Tanya - wow jou fotos is so mooi! En jy lyk stunning! Nou kan jy lekker begin shop aan alles wat nog extra nodig is

Ek is eintlik ingebook by Wilgers Hosp (PTA), maar afhangende v hoe vandag se afsprake verloop, mag ek dalk skuif na die Femina se "Active Birth Units" toe.
Dellie - aaaw wow! So baie geluk! Dogtertjies is soooo lekker om voor reg te maak en mens kry net die MOOISTE outfits!! Geniet elke oomblik!
Kayla - eks bly jou dae vlieg darem

Daar is niks so erg soos om te sit en wag terwyl elke sekond voel soos n uur nie! Besig bly is maar die beste!
EK het netnou my sonar en daarna die afspraak met die vroedvrou! Ek is nogal nervous en excited

Ook nie seker wat my dr se reaksie gaan wees nie, want ek gaan uit die aard van die saak 'n ander dokter moet kry omdat my dr nie by die Femina sal werk nie

Baie hartseer daaroor, maar ek kan seker nie my brood aan albei kante gebotter he nie..