heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 7 months ago #247394 by minki.vandriel
Hi Kayla,

Jip ek is ook by Discovery (Classic Priority). Die probleem is - hulle dek 200% van "standaard rates" (watookal dit beteken) en die vroedvrouens charge 300%. So ek het geen idiee hoekom dit so is nie, maar die 300% rates is inelkgeval (in my opinie) nog so LAAG teenoor dokters fooie, dat ek dink hulle kon dit maar GERUS betaal. Hulle het my DUUR gynea vol gedek. Wonder net wat maak dit saak WIE my nou juis help - n dokter of n vroedvrou, maar klaarbleiklik ag die medies 'n vroedvrou baie laag. Dis jammer.
Die Femina se "active birth units" het reeds 'n kraambad ingebou. Dus is dit geen extra uitgawes nie.
Op my Discovery Plan word ek VOL gedek op ALLE hospitaal en doktersfooie. Ek het met my eerste geboorte NIKS inbetaal nie. Al wat nou bybetalings verg is die midwives :(

Stella - ek is so bly alles gaan goed! Sjoe al 'n lekker gewiggie wat jy ronddra! Stuur asb sonar foto!! :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247387 by kayla
Hi Minkie

As jy nie omgee nie, mag ek vra watse medies is jy? Ek is by discovery en van wat hulle adverteer betaal hulle vir vroedvrouens en water geboortes uit jou hospitaal voordele uit selfs al het jy n "home birth". Maar as jy kies om by n hospitaal te gaan en jy moet die kraam bad huur moet jy vir dit betaal. Ek het nou nog nie eens my swangerskap met hulle regestreer nie, so weet glad nie of hulle dit vir my gaan moeilik maak nie.

Is iemand by discovery? Hoe goed is hulle met betaal? Ek het nie gap cover nie :cry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247384 by StellaK
Minki, bly jou afsprake het goed gegaan.
dis regtig jammer dat ons mediese stelsel so pro-keiser is

hoop jou rugpyn bly weg vir n ruk

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247383 by StellaK
goeie middag dames,

Kayla, Lalie sterkte met die cravings.
ek het dit darem gemis. ek was wel met tye konstant honger

ek was nou by die dr. als gaan nog baie goed met kleine boetjie baba. hy is nou 3kg en bly steeds by 3 weke groter as die gemiddeld. hy het natuurlik weer vas geslaap tydend die sonar en net so nou en dan gegaap.
hy het lekker vet wangetjies en ons kon ook nou hare op se kop sien.
hy mooi reg vir geboorte.
nog nog net die laaste rukkie se wag

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago - 12 years 7 months ago #247379 by minki.vandriel
Hi julle almal!

Toemaar Kayla & Lalie.. ek crave net so lekker soet goed!! VERAL chocolates! Maar ek dink dit sal darem okay wees as dit darem nou nie jou stapel voedsel word nie :)

Ek was toe vir my sonar en kleinman weeg al 'n mooi 1.6kg. Ek moet se ek voel rerig baie goed en my rugpyn is heeltemal weg die laaste ruk :)

Ek was by die vroedvrouens ook. Ek moet se ek voel baie gemaklik en veilig - veral omdat hulle so naby werk met al die dokters en basies binne in die hospitaal :) Al wat my verstand te bowe gaan is die feit dat die mediese fondse jou inside out cover vir n onnodige keiser, maar dat jy omtrent deur duisende prosesse moet gaan om natuurlik te kraam en dan dek hulle nie eers als nie!! Die vroedvrouens is minder as die helfde van dokters kostes en BEHOORT aangemoedig te word om so natuurlik en normaal te kraam (in my opinie), maar met al hierdie schlep en kostes, is dit geen wonder SA se keiser statistike is die hoogste in die wereld nie! Rerig net unfair dink ek.. :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247375 by Lalie12
Haai Mamma's! :heart:

Kayla, ek kom Chip net gou vining in... Praat jy van Cravings eks nou eers so 9/10 weke en verlede week was dit net Tomato Coctails & Sandwich Spread (wat ek NOG nooit in my LEWE ge-eet het nie)

En hierdie week net sweets!!! Enige iets van tjoklits tot by suurwurms! So as jy al so ver nog crave, gan ek ROL hier by week 12!!!


Tanya, jou fotos is Stunning - Jy GLOW omtrent!! :woohoo:

Ek lees elke dag julle post(s) Ek weet bietjie stalk(e)(rig)... Gaan ook probeer normaal kraam my FS is tans by Femina, nadat ek daardie pragtige birthing unit gesien het, wat Minki opgesit is, is my mind nou 100% opgemaak! (Come hell or high water!!)

Pas julle self MOOI op!

Lalie :heart:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #247373 by kayla
Hello julle almal.

Ek het nie regtig nuus nie, maar kom groet maar net. OOOO het julle ook cravings? Ek sal nie se ek het daardie cravings waar jou man middernag garage toe ry nie, maar ek soek net heeltyd sweeties. Ek probeer my gewig so mooi dophou, maar yikes. Met al die toffies en jellie tots en fizzers gaan ek een van die dae rol. :whistle:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account