Hi almal!
Gelukkige vrydag! Phew, was alweer 'n lekker dol week en SO bly dis naweek!

Glo hierdie gaan darem 'n rustige een wees - yay!
Tanya - wow jou 4D's is pragtig!!! Sy wys darem meer gesiggie as wat myne wou

So ongelooflik wat tegnologie ons deesdae bied! Ons is eintlik so geseend!
So ek is 14 Mei en jy 15 Mei

Lyk my ons gaan waarskynlik BAIE na aan mekaar wees dan! My bulletjie se datum het begin by 20 Mei en het ook elke keer vervroeg. Moenie bekommer nie - my dogterjite was dieselfde - en dis BAIE goeie nuus as hulle mooi groot groei!

My dogtertjie was altyd 2 weke se groei vooruit, maar haar geboorte gewig was 3.5kg

Moenie stress nie - jy en jou wonderwerkie gaan n perfekte geboortedag he!
PS jy moet my se waar jy kraam, dalk le ons nog langs mekaar haha!
Stella - dinge raak nou real en exciting!! Doen jy ook al daai UIF vorms?? Dis nou omtrent vir jou n nagmerrie

Jy mag volgens wet maternity leave vat 1 maand voor jou estimated due date. Jy hoef net afgebook te word as jy dit vroeer as dit wil neem. Maar ek sal jou aanraai om SO LANK as MOONTLIK uit te stel. My water het letterlik in ons kantoor se badkamer gebreek

En dit maak net dat jy langer met jou kleinding het na die tyd! Een week maak n groot verskil! So dink maar mooi daaroor ook. Ek weet mens kry swaar en sukkel baie, maar vir meeste vrouens is dit die moeite werd om uit te hou sodat hulle langer by hulle babas kan bly na geboorte eerder as om vroeer leave te vat