More julle almal!
Ek hoop dit gaan sommer baie goed met julle almal! Ek moet se, ek is soveel rustiger vandat ek die hypnobirthing klasse loop en BAIE oefen

Net amazing wat dit vir jou gemoed kan doen!
Tanya - jy moet miskien bietjie hierna kyk as jy sou belangstel. Een van die groot verskille tussen dit en hospitaal klasse is dat die hospitaal klasse baie klem le op "medical interventions" en wat verkeerd kan gaan - terwyl ons eintlik so perfek gemaak is vir die prosedure. Iets kan verkeerd gaan met enige daaglikse normale liggaamsfunksie, maar ons fokus nie konstant daarop (of rerig ooit nie, tensy iets wel verkeerd gaan), so hoekom moet ons dit met geboorte doen?
Stella - dit lyk of jy 'n stunning babatee gehad het!! Safari is net 'n awsum venue! Ek is so bly jyt dit geniet!
Blommie - Lekker om jou te ontmoet. Janee tyd vlieg so vinnig! Ek kyk partykeer na my dogtertjie (19 maande) en kan nie glo hoe selfstandig sy al is nie! Voel soos gister wat ek met haar swanger was!