goeie more dames,
hoop julle het 'n heerlike naweek gehad.
Dellie, bly julle kon dit kry. geniet die uitsien na die scan volgende week.
Kayla, baie bly vir jou dat die naarheid beter is. nou begin die lekkerste deel van die swangerskap.
Minkie, dankie..en sterkte met daai heupe.
myne raak maar net so stelselmatig al hoe seerder. dit forseer mens maar om dinge so bietjie rustiger te van, want hoe besiger jy is en hoe meer heen en weer, hoe seerder raak dit.
bly jy het die babatee geniet.
hallo tanya. sterkte met die training.
ek het die babatee vreeslik baie geniet. kyk, ek is iets vreesliks bederf en het 'n magdom persentjies gekry. het sommer als net in die kot ingepak. eendag as ons die laaikas kry dan het ek hopenlik genoeg plek om als in te pak.
het 'n eetstoeltjie gekry, en hengse klomp roompies en shampoo. baie en oulike kleertjies en in 'n klomp verskillende groottes. baie kombersies en spoegdoeke, speelgoedjies, boekies, en 'n klomp ander goedjies
sal later bietjie foto's opsit - dis bietjie besig by die werk vandag
geniet die dag daar