Stella, haha ja - dit lyk omtrent so. Maar ek moet jou se, ek het pretty much alles op daai lys gebruik! As jy klaar gekraam het, vat jou man die kraamsak net so huistoe. Dis hoekom dit lekker is om n aparte hospitaal sak te he. Ek het ook baba se klere elke stelletjie apart in zip lock sakkies gesit. Sodoende kon ek elke keer net die vuil sakkie klere saam met pappa huistoe stuur. Het nogal goed gewerk!
Baie mense pak eers wanneer hulle in kraam gaan. Ek moet se mens het (veral met die eerste een) rerig baie URE om dit te doen

Ek is maar net een wat daarvan hou om alles vooraf reg te he - dit laat my relax. Maar meeste ma's het meer as genoeg tyd om eers rustig te pak.
Shame, ja.. jy dra nou al lekker swaar. Ek kan dink jys moeg! Die dokter by my 4D scan het my aangeraai om te probeer meer proteiene inneem. Bleikbaar hier by die einde gebruik baba baie proteien vir al die laaste vetjies aanpak en breinontwikkeling - en dit maak mens ook bleikbaar vreeslik moeg. Vandat ek meer vleis, neute en bone probeer inneem, voel ek baie beter!