heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 7 months ago #246960 by minki.vandriel
Hi julle,

Dankie, ja dit gaan darem vandag BAIE beter. Ek hou haar maar bietjie by die huis vandag (dankie tog ek werk van die huis af!). Ponstan en Empaped setpille is 'n MOET vir virale infeksies!

Tanya, ja jy moet asb fotos oplaai! Is baie nuskierig! :)

Stella, daai kot is stunning! So nice dat hy sommer laaie ook by het! Mens sukkel altyd met pak plek. Baie nuskierig om te sien wat julle met die res van die kamer gaan doen!

Kayla, ek is so bly julle het so goeie scan gehad! So vroeg in die swangerskap is interne sonars die beste. Ek het myne ook so laat doen. My dokter se sy kan nie verstaan dat vrouens verkies om dit uitwendig te doen nie, want die interne beelde is net amazing! En ja, hulle kry gewoonlik dan al 'n goeie idiee van geslag :) Ons boetietjie kon hulle ook so vroeg met 'n interne sonar sien - so bly dit het 'n boetie gebly!

Net so nuskierig soos Stella oor Dellie se maternity shopping! Kon jy toe iets nice en gemaklik kry?!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246956 by StellaK
Kayla, dis nou lekker nuus. bly julle het die scan geniet.
ons het ook op 11 weke gesien dis 'n boetie.
dalk moet jy tot die volgende scan wag om seker te maak voor jy te groot gaan met die shopping :woohoo:

baie dokters doen nie die downs toetse op 12 weke nie, jy moet na 'n fetal assessment centre toe gaan daarvoor op 12 weke. hulle doen dit op 12 weke vir die mense wat dan 'n aborsie sou oorweeg as die toetse positief is.
by jou 20 weke scan sal jou dokter kan sien of die tekens daar is vir downs daar is.

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246955 by kayla
More julle

Ai Minkie, wat n naweek!

Stella ek is self nuskuuring om jou kot te sien, ons shop nog rond vir een.

Ons scan was amazing. Met my 8 weke scan was dit net n blop. Maar ek het intussen van dokter verander en moet se sy is amazing. Ek en ML is albei baie tevrede. Ons het n normale sonar gedoen, maar toe se sy sy hou nie van poefie scans nie toe gaan sy van onder af in. Ons het ALS mooi gesien. Baba het duim gesuig, vir ons geflash, daar was definitief iets tussen die bene, so dokter dink dit is n boetie omdat met dogtertjies jy blykbaar nie so vinnig iets kan sien nie. Alhoewel ek nou eers 11 weke is, so sy se dit kan nog enige iets wees.

My dokter doen nie die downsindroom scan tussen 11-13 weke nie, eers tussen 18-22 weke. Dis vir my n bietjie vreemd, maar darm het ek by stella gehoor dat jy so n scan later kan doen.

Hoop als gaan goed met julle almal en maandag is darm nie te blou nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246954 by StellaK
goeie more dames,

sjoe, minki, ek hoop jou dogtertjie is vinnig beter. klink nie na 'n lekker nag wat julle deur is nei.

Tanya, sien uit om jou foto's te sien. wel gedaan om nou al klaar te wees met die kamer.

Dellie, het jy toe gaan maternity shopping doen?

ja, ons het gister ons kot gaan haal. dit lyk baie mooi - foto aangeheg.
so nou is daar darem al iets vir die baba is sy kamer.
verder het ons nog niks aan die kamer gedoen nie. oor 2 naweke sal ML weer bietjie oop tyd he, dan sal ons die huis bietjie herskuif en die enkelbed en 2 groot stoele na ouers en skoonouers toe vat, dan sal dit begin lyk soos 'n babakamer.

is daar iemand wat dr toe gaan die week?
hoop almal het 'n baie lekker week

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246947 by TanyaS
Hello almal,

Naweek was ok, net te kort :)

Kayla hoe was jou scan?

Shame Minki :( klink asof jy omtrent n naweek gehad het. Is jou dogtertjie darem beter vandag?

Stella het jy jou kot gekry :)

Ons babakamer is darem so te se klaar, wil nog net n lamp en tafeltjie kry.

Ek sal later fotos oplaai :) dis op my cell

Hoop julle het almal n lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246919 by minki.vandriel
More dames,

Hoe was julle naweek?

Ek dink dis die eerste keer ooit wat ek rerig bly is Maandag is hier! Behalwe dat ons Vryd, Sat EN Sond funksies gehad het wat ons MOES bywoon, was my dogtertjie so siek met oor- en boonste lugweginfeksie :( Ek en pa het letterlik "shifts" gehad om deur die nag by haar te wees met haar kwaai koors bo 40 en erge naarheid :( Ons het maar op die ou end ongevalle toe gejaag.. so hieride mamma is MOEG!

Stella, dankie ja.. hy lyk presies soos wat sy sussie gelyk het - en dit is pappa uitgeknip. My dogtertjie het niks van haar ma geeerf nie.. haha.. mamma het net die harde werk gedoen. Pappa se gene loop maar sterk in die bloedlyn lyk vir my. Klein Pierrie het vrydag so net onder 1.3kg geweeg al. Hy was toe 28 weke se groei, maar kop is 30 weke se groei :ohmy: Nie so great as jy normaal wil kraam nie! haha!
Hoe lyk jou kot? Is die babakamer al reg - jy moet fotos stuur! Ons baba kamer is darem ook nou besig om vorm te kry :) So een dingetjie elke maand, maar ek moet se dis so te se reg vir klein Pierre *exciting!*

Tanya, ja dis te amazing om die oop ogies te sien! Ek glo nie hy kan seker veel sien nie, maar die ogies knip refleks is beslis al daar :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246904 by StellaK
hehe.. dankie Tanya, maar daar gaan nie veel tyd wees vir rus die naweek nie.
gaan saterdag na 'n kinder partytjie toe en sondag na familie om die kot te gaan haal

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account