Hallo Tanya en Twinkle,
Baie dankie julle - Die tiet is nr 1 - op die boksie se hulle ook 0m+. So ek gaan dan dit gebruik. Ek wil nie
onnodig bottels koop en dit mors nie.
Ek gebruik net panado's vir die hoofpyne - maar ek moet 2 drink as dit 'n erge hoofpyn is.
Ek was so bly toe my vriendin se sy wil haar kot en travel system verkoop want soos jy se Tanya, nuwes is
regtig verskriklik duur. Ons sal nou gaan kyk hoe dit lyk en besluit maar ek weet sy is iemand wat haar
goedjies baie mooi oppas, so ek glo ons gaan dit op die ou end vat.
Ek moet se ek voel baie asof dit 'n seuntjie kan wees - ek kan natuurlik verkeerd wees. My ma, skoonma en
skoonsuster dink ook dis 'n seuntjie. My man hoop natuurlik ook vir 'n seuntjie, maar ek dink enige pappa
doen. Maar ons sal in die wolke wees al is dit 'n seuntjie of dogtertjie - ek wil net bitter graag 'n gesonde
bondeljie he. Ek is regtig verskriklik opgewonde vir my volgende scan

En wens letterlik alweer die
tyd om.