More dames!
Hoop dit gaan goed met julle?
Kayla - Jy kan na wwwbamboobaby.co.za gaan - ek gaan my doeke van daar af bestel. Ek dink Stella het ook
haar doeke daar bestel. Ek gaan die bamboo reeks koop omdat ek dit by Stella gesien het en weet hoe dit lyk en
van watter kwaliteit hulle is . Maar ek dink nie daar is fout met die microfibre nie. Ek sal dalk 'n paar microfibre
bykoop ( ek wil in totaal 30 doeke koop net om veilig te wees).
Ek gaan ook 'n paar ekstra soakers en boosters koop. Daar is ook 'n ander website waarop ek afgekom het -
www.econappysolutions.co.za maar hulle is 'n klein bietjie duurder (hulle is ook bamboo maar het byvoorbeeld
'n "denim" of patroon doek - wat ook baie oulik lyk)
Stella kan jou bietjie meer vertel as ek omdat sy veel meer navorsing hieroor gedoen het en van haar
vriendinne dit ook gebruik.Iewers hier op moomie dink ek is ook 'n thread oor lap doeke.
So hoe gaan dit met julle? Ek is net bly dis Vrydag en naweek. Ek het vir Miane maternity wear gebel daar by
die Grove - en hulle is regtig vreeslik behulpmaam. En hulle het 'n hele verskeidenheid broeke en toppies(ek
soek veral 'n jean want my gewone jeans pas glad nie meer om die maag nie) - so
Sondag gaan ek bietjie daar deurbring. Hulle is net bietjie duur..!
Hier gaan dit goed! Ek is nou uiteindelik in my tweede trimester...whoop whoop!Maar ek moet se, die tyd
vlieg baie vinnig- voel soos nou die dag wat ek uitgevind het ek is swanger. Nou sien ek net vreeslik weer uit
na die 10e Maart - dan kan ons dalk uitvind of dit 'n pienk of blou voetjie is!
xx