goeie middag dames.
Minki, hy lyk te kostelik vir woorde. dit darem baie lekker om al 'n gesiggie te kan sien. hoeveel weeg hy nou?
Dellie, geluk met die 2e trimester. dis 'n baie lekker tyd.
ja, daardie vrouens is besonders behulpsaam. ek was nou al by ander baba winkels en maternaty winkels is, en jy sal nie glo nie, maar Miane is regtig van die goedkoper plekke. maar ja, dis vrek duur.
hallo Tanya
Kayla, jy kan direk vanaf doodlebums af bestel
www.doodlebums.co.za of gaan kyk daar en dan soek jy die spesifieke naam se website. daar is baie meer detail en fotos op die plekke se websites, en ek is seker jy kan direk by enige een van hulle bestel.
ek het myne direk by Bamboo Baby bestel en ek het die bamboo reeks gekry. ek het ook vriendinne wat die mikro fibre doeke gebruik en se dit werk baie lekker.
onthou die poef trek nie in nie, die soakers en boosters is vir die piepie. maar ja, al die soorte sal die poef mooi binne hou (jy gaan natuurlik seker die uitsonderings kry wat jy maar dan die hele baba gaan bad na so doek...hehehe)
doodlebums het nou ook 'n opsie waar jy 'n paar verskillende make kan toets en dit dan terug gee voor jy koop. dis dalk 'n oulike opsie as jy eers wil sien voor jy koop.
ek het maar gekoop en was baie tevrede met wat ek gekry het.
laat weet asb as jy nog vrae het
my rug en my pelvis bene is vrek seer vandag, so die middag raak nou vir my baie lank.
ons gaan sondag ons kot haal, so ek sien baie daarna uit
hoop julle het almal 'n baie lekker naweek.