goeie middag dames,
baie welkom Tanya

kyk, dis darem om die draai.
ek is nou 31 weke en gaan normaal kraam sonder enige pun medikasie. ek het ook die hypnobirthing kurses gedoen en na dit sien ek regtig baie uit na die geboorte
Dellie, ek dink al die groot winkels het hul maternaty afdelings gestop.
maar jy kan wel by pick en pay clothing lekker dra goedjies kry wat baie gemaklik sit.
ek het by milady's toppies gekry wat my nou nog goed pas (nie maternity toppies nie)
daardie maternity winkel in the Grove is regtig 'n baie oulike winkel - dis wel bietjie duur, maar ek het so paar baie lekker broeke daar gekry.
ons was vanmiddag weer by die dokter. boetjie baba groeie baie mooi en dr is baie tevrede. hy is nou 2,3kg (3 weke groter as die gemiddeld)
hy het vas geslaap tydens die sonar en wou niks weet van beweeg nie, al het sy hom vreeslik ge"poke"
my rug is maar steeds vrek seer, maar van gister af het ek die aakligste pyn in my pelvis bene. dr se vandag dat my pelvis bene begin uitmekaar beweeg en dis hoekom ek so seer het. dit behoort teen more of vrydag beter te wees. sy se dis eintlik baie vroeg, maar dis nie iets om oor te bekommer nie.