heart gesels saam op die pad na geboorte

12 years 7 months ago #246780 by minki.vandriel
Haha, shame Stella! Ek voel ook party dae of ek soos n pikkewyn loop! Ek het vir my n donut kussing gekry (ring cushion) waarop ek deur die dag sit en werk - ek moet se dit doen wondere vir jou rug as jy lang tye sit as jy dit wou probeer!
Wanneer is jou due date, Stella? Jammer ek dink ek het dit mis gelees.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246779 by StellaK
Baie geluk Dellie :woohoo: nou kan jy net agteroor sit en die res van die swangerskap geniet.

Kayla, ek dink jy is reg. die res van ons is almal first time mommies.
hehe ek is ook maar min lus vir werk.

en ek dink my kleine rakker het nou sy kop in die geboorte kanaal in, want vanoggend is dit vrek seer daar onder. dis seer as ek sit en seerder as ek loop. voel of ek so wydsbeen moet loop en baie stadig.
so ek is baie bly my afspraak is more, dan kan ek sommer weet of dit wel die geval is

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246778 by minki.vandriel
Dellie, ek is SO bly vir jyt uitslae gekry en alles lyk goed! Dit maak so groot verskil om net die gemoedsrus te he dat alles okay is!

Kayla, ja dis maar 'n tricky een; om eerlik te wees dink ek nie daar is rerig iets soos 'n expert op die gebied nie. Soos wat dit vir my klink is elke ervaring heeltemal anders. Selfs 2 verskillende swangerskappe van dieselfde vrou is totaal anders! Ek dink dis ook hoekom ek so bang is, want mens weet nie presies wat om te verwag nie, selfs al lees jy 400 boeke en blogs op en selfs al is jy al daardeur.
Ek dink op die ou end kies jy maar wat die beste lyk in die meerderheid, knyp oe toe en hou vas aan die gedagte van 'n pragtige pienk bondeltjie wat vir jou wag! Die hele ervaring is maar 'n exciting en scary journey.
Baie vrouens verkies weer 'n keiser, want dis voorspelbaar, vinnig en convenient. En dis ook fine as dit jou keuse is. Dit was net vir my persoonlik lekker om na die tyd na my dogtertjie te kon kyk sonder die pyn van 'n sny. Ek onthou hoe jammer ek die ander dames in die saal gekry het wat so gesukkel het om met n seer sny te hoes, regop te sit of badkamer toe te skuifel elke keer :( Eks nie seker ek wil graag in hulle skoene wees as ek nie HOEF vir n mediese rede nie.
Daarmee saam; as ek terugdink was ek ook rerig STUPID om geen pyn medikasie te gebruik nie. As daar veilige metodes is van pyn verligting - hoekom sal ons onsself deur daardie trauma sit? Om aan wie wat te bewys? Sal beslis ook nie weer daardie roete volg nie. Ek het darem al heelwat suksesvolle geboorte stories gehoor met epidiraal wat my moed gee daarvoor!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246777 by kayla
YEAH!!! Baie geluk Dellie

Haha, lyk my nie ek is lus vir werk vandag nie. Sit en moomie i.p.v werk

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246773 by Dellie
Hi Julle

Ek wil net vinnig laat weet dat my gynie gebel het met my downsindroom uitslae - dit val in 'n lae risiko
kategorie! So alles is perfek sover. Ek is soooo dankbaar!

xx

Me: 30 (PCOS)
DH: 31

TTC: Since September 2012
May 2013 – Fertomid - no follicles
June 2013 - Laparoscopy and Ovarian Drilling
Aug 2013 - 2.5mg Femara and Ovidrel (homeplan) - BFN
Oct 2013 - 2.5mg Femara, Menopur, Ovidrel (homeplan) - BFN

28 Oct 2013 - Move to a FS - Dr Johan Pentz

05.12.2013 - Femara, Gonal F, Lucrin - IUI - BFP 18 December 2013 Beta 127..So blessed!

3.01.2014 - first scan 6 weeks 1 day - one perfect heartbeat.
14.02.2014 - 12 week scan - absolutely perfect and all going well.
10.03.2014 - It's a little girl!

[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246764 by kayla
Ai Minki, dis vreeslik. Lyk my jy is die expert hier. Ek dink ons almal is first time mommy's, behalwe jy. Is ek reg? Ek sal jou nog baie vrae vra. My birth plan (sonder my dokter se mede wete) is normaal met epiduraal en ek wil induksie kry as ek oor my tyd gaan (anders word baba dalk te groot en n nood keiser is nodig). Maar soos julle weet verander dit seker nader aan die tyd.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

12 years 7 months ago #246762 by minki.vandriel
Kayla - Shame, ja ek weet die Emex se smaak is terrible. Ek kon dit darem GELUKKIG inhou. Maar ek hoop iets werk vir jou en jy voel gou beter!!
Ja, ek het normaal gekraam met my dogtertjie ook. Maar was baie traumaties vir my omdat hulle my moes induseer - dink alles het net te vinnig gebeur :( Sy was 3.5kg met geboorte. Behalwe vir die onmenslike pyn, het alles rerig (medies gewys) baie goed gegaan en die herstel tydperk was BAIE vinnig! Ek het oppad huistoe uit die hospitaal eers by die kantoor gestop om gou uit te help met werk! So wat herstel betref, sal ek enige tyd normaal aanbeveel.
Maar gaan hierdie keer BESLIS n epidiraal kry!! Daar is geen manier wat ek weer dieselfde ervaring wil he (of voel) nie. Ek wens ek het dit vooraf geweet, maar bleikbaar is normaal kraam baie pynliker met induksie as wat dit sou wees daarsonder.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account