heart gesels saam op die pad na geboorte

11 years 7 months ago #256206 by StellaK
goeie more dames,

Twinkle, dis lekker om al verby halfpad te wees.

hier gaan dinge goed. nou al 15 weke en darem begin die naarheid nou beter raak (het maar nog hier en daar 'n aaklige dag)
kyk nou net uit vir my volgende sonar oor 3 weke. en ek is nou al baie lus om na 'n baba skou toe te gaan :silly: :tmi:
hier en daar is daar nou 'n broek wat begin stywer sit - ek kan nie wag dat my magie moet begin groei nie

hoop dit gaan goed met almal

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256202 by Twinkle
Hello...

Sopas besef ek is vandag n volle 21 weke. Julle die tyd vlieg. Voel soos gister wat ek my onverwagse BFP gekry het nou is ons al op 21 weke ....

Gaan dit goed met almal en die met ogend naarheid?

Me: 31
DH: 32
TTC #2 since Oct'12

Oct 12 - Aug 13: Fertiboost & Acupuncture
6Aug: FS - Homeplan - Fertomid (50mg)
27Sep: Start with Clomihexal for 5 days
04Oct : Follie scan 1 14mm and 1 @ 12mm
08Oct: 1 Follie @ 19mm
Jan'14 - FS appointment STOP treatment
Okt 14 BFP
#1 BETA 1907
Due date 27 June

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256200 by HoopVirDieBeste
Goeie more almal,

Hoe gaan dit hier, julle is almal vreeslik stil!

Lekker dag vir almal

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #256040 by momzee
Mommyme - Ek het vir twee weke geborsvoed en toe kon ek nie meer nie! Sus het vir 'n uur en half op 'n slag gevoed en dan is dit nie twee ure dan is sy weer honger... My man was ook in daardie tyd weg met weermag verpligtinge so dinge was dol! Het haar toe op S26 gehad en madam was steeds vrek honger. Sit haar toe op Lactogen en sy was 'n heel ander mensie.

Ek weet nie van tips nie. Al wat ek kan se is dat sy van dag een af in haar eie kamer in haar cot geslaap het en dat ek haar nooit gesus het nie. Ek het haar na voeding/bottel neergesit en syt self aan die slaap geraak. Dalk is ons net regtig gelukkig en geseend :lol:

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255993 by StellaK
Goeie more dames.

hoop almal het n heelike valenteins naweek gehad.

Momzee, dis lekker om van jou te hoor. sy is sooo pragtig. bly dinge gaan goed daar en dat sy so lekker groei :woohoo: :rock:

me 35, DH 39

TTC #1 since Oct 2012
March 2013 BFP, May 2013 MC at 10 weeks (Blighted Ovum)
6 Aug 2013 BFP, Gerhard gebore 8 April 2014
[link=https://lilypie.com] [/link]

#2 BFP 3 Jan, Franswa gebore 8 Aug 2015
[link=https://lilypie.com] [/link]

#3 TTC from Apr 2018
MC Oct 2018
BFP 23 Nov 2018
[link=https://lilypie.com] [/link]

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255951 by MommyMe
Wow Momzee. Dia wonderlim as sy so goed slaap. Enige tips wat jy wil deel? Ons liefie is nou 3 weke en sy slaap nie so goed deur die dag nie. Wil heeltyd wakker wees. Het jy geborsvoed?

Sy is pragtig!!

Lekker dag dames.

Xx

Twin angel baby girls born and went to heaven


File Attachment:


File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

11 years 7 months ago #255852 by momzee
Hallo almal!

Dit is so lekker om te lees van al die nuwe mammas-to-be, ek raak sommer broeis! Maar ons sal maar wag en na die einde van die jaar toe weer TTC.

Dit gaan baie goed met ons. My meisiekind is al 5 en 'n half maande oud en tog te skattig! sy eet tog te lekker, oefen hard om te sit en kruip en sy wil net op haar voetjies staan. By haar algemene ondersoek by haar nuwe pediater op 4maande en 2weke, was sy al 70cm lank en 8.5kg. Die pediater se volgens haar groei vanaf geboorte gewig en lengte, is sy fisies so ver ontwikkel soos 'n 7 maande oue baba en die gewig en lengte van 'n 9 maande oue baba. Haar groeikurwe is glad nie 'n kurwe nie, maar 'n reguit lyn boontoe!

Maar sy is die soetste en vriendelikste ou dingetjie. sy slaap al deur van voor sy 3 maande oud is (van 7uur tot 6uur) sonder om eenkeer wakker te raak. Behalwe die afgelope week... Sy draai nou op haar maag in haar slaap, en kan dan nie terug draai nie dan raak sy onsteld. Dan moet mamma haar maar gaan omdop, dan slaap sy verder. En die tandjies begin bietjie pla. Verder het sy ook 'n vreeslike goeie eetlus. Eet al drie etes 'n dag!

Lekker dag verder vir almal. en die swanger mammas moet julle swanger tyd geniet. Dit gaan soooo vinnig verby, al voel dit soms nie so nie!

Hier is 'n foto van my pop op haar doop die 7de Des.

[link=http://lilypie.com] [/link]
[link=http://lilypie.com] [/link]
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account