file November 2010 Mammas

16 years 1 month ago #99828 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Jitte Rosie, jy dra lekker klein! My pens is al massief! Ek dra die keer baie groter as met Stefan.

Hoop julle het almal 'n lekker dag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #99755 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Foto van my magie wat Saterdag die 28 Augustus geneem is
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #99433 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Hallo Julle almal
Jammer ek was missing gewees ons internet was die hele week af gewees.
Dit gaan baie goed met my en Gabby
Het die naweek my baby shower gehaat dit was vet pret en het die mooiste goed gekry.
Julle moet 'n lekker daggie he

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #99098 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi daar!

Voetjies, hulle het met die probleme wat die site gehad het die notifications afgesit omdat hulle miljoene emails 'n uur stuur, dan raak hulle bandwith op. So ek weet nie of mens dit nou weer kan aansit nie. Kyk op jou profile onder die forum kategorie, miskien kan mens dit daar aansit (ek dink dis waar dit altyd was.)

Julle moet daai 4D geniet more! Dis regtig special!! En eks bly jou gordyne is darem klaar, jy wen my hoor! Ek het nog niks gereed in die kamer nie.

Ek hoop ook almal het 'n great week!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #99029 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re: November 2010 Mammas
hi almal! anina bly julle is veilig terug en het dit geniet! en dat alles goed gaan.
ek't altyd email notifications gekry as daar n reply was op ons chats, nou kry ek dit nie meer nie. kan iemand se wat ek waar weer moet "activate" om dit te kry?
hier gaan dit goed. baie, baie bly die weer is nou lekkerder. ek's sommer al 2 dae in somer-rokkies!
more gaan ons vir die 4D, ek is baie excited daaroor, hoop net Mia le reg dat ons haar mooi kan sien.
het die hele saterdag gordyne vir haar kamer gemaak, en dit was n hengse mission, nooit, ooit weer nie! maar dit was n lekker dag saam my ma, ons het lekker vir onsself gelag en op die ou end lyk die gordyne toe baie nice.
nou ja, ek't net gou kom hallo se, gaan nou bietjie werk.
hoop en glo dit gaan n goeie, lekker en positiewe week vir almal wees!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98954 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi daar!

Ons is terug van 'n great vakansie af!

My baby shower was laas naweek gewees (dis nou voor ons vakansie se laas naweek...)
Was baie lekker en ek het soveel mooi en oulike goedjies gekry! Almal het vir my lekker groot klere gekoop so Claudia gaan nog lank aan presente klere dra, toevallig het ek niks newborn klere gekry nie. So ek sal dit so bietjie moet gaan aanvul... ek het sover self 2 newborn pakkies gekoop (een vandag) en 1 by 'n ander vriendin gekry, so sussa het 3 outfits... dit sal darem amper genoeg wees vir die hospitaal! Maar ek het geen kortmou vessies nie, stefan was 'n winter baba so al sy goed is vrek warm! Ek sal dit maar byderhand hou vir koue dae.

Ek was Vrydag 30 weke (ek weet my ticker is agter...) toe besef ek vandag dat daar net 68 slapies oor is tot full term! Dis naby! En as sussie soos boetie is en op 38 weke kom, is dit net 52 slapies!! Ek moet dringend aan die gang kom en alles gereed kry, ek het nog nie eers my bed geboek nie! Gaan 7 Sept vir 'n scan, dan sal ek dit gou doen.

Claudia is erg bedrywig! Sy skop die heeldag deur. Sy skop nie so hard soos wat Stefan geskop het nie (hy het my een keer sommer blou geskop teen my ribbes) maar sy skop persistently heeldag op dieselfde plek, dan raak dit later ook blou... Maar ek love elke oomblik daarvan! My maag begin ook nou seriously uitsit en ek voel deesdae bietjie groot, al se die spieel nog nie ek is enorm nie. Ek het nou presies soveel gewig opgetel soos wat ek met Stefan in die hele swangerskap opgetel het, maar ek het die een begin op 4 kg onder die gewig wat ek met Stefan begin het, so ek het darem nog 4 om te gaan voor ek regtig met my vorige swangerskap kan vergelyk.

Hoop julle het 'n great week!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #98396 by Lelie
Replied by Lelie on topic Re: November 2010 Mammas
Dagse almal.

Hoop almal het 'n lekker week gehad. Myne was lank ( al is ek 'n huisvrou).

Kleintjie is deesdae nogal voelig in die aand, maar maak my darm nog nie wakker nie :P .

Hoop almal het 'n lekker naweek!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account