hi julle! hoop dit gaan goed met almal. ons vakansie was baie lekker gewees in sodwana. net spyt ek moes terugkom werk toe! wens so, so, so ek kon al met kraam verlof wees of n stay at home wife of enige iets behalwe om hier te wees! maar nou ja. ek't n werk, met n goeie inkomste, so ek moet dankbaar wees!
ek dra steeds klein, alhoewel dit vir my voel of ek nou dag vir dag meer ongemaklik raak, en alles voel of dit styf trek en wil bars.
gerne - ek't metro in die stad en by menlyn retail gevra, maar albei het gese hulle doen dit nie verniet nie, kos iets soos R 30 - R 45 per meter wat hulle moet maak! ek en my ma gaan nou uiteindelik vanaand die agtergordyne maak, en ek't mooi, sagte (klaar gemaakte) gordyne gekry vir voor, raak nou opgewonde om die eindproduk van die kamer te sien.
my "tema" is blomme en butterflies.
Anina se baby shower was hierdie naweek gewees, sy't baie nice goedjies gekry. Sy was verlede week nog baie siek gewees en toe haar seuntjie ook. Darem nou weer beter, en hulle is nou hierdie week weg met vakansie.
Bly om te hoor julle is in di nuwe huis en dat jy sover gelukkig is daar!
Skapie bly dit gaan goed. net jammer vir die siek voel, hoop jy voel sommer gou gou beter!
ek slaap ook baie en bly moeg. ek raak wel baie wakker deur die aand...en my drome maak my moeg, moeg, moeg. en ek's die tipe wat elke droom in detail onthou!
ek voel Mia baie min. lyk my sy's maar net n baie "rustige" kleintjie. ek voel haar in die oggend so 5 minute en aande so 5 of 10 minute. deur die dag sal sy my net laat weet as sy nou gatvol is vir my sit voor die rekenaar en dan loop ek n draai dan's dit weer verby. ek wens so ek kon haar meer voel en ook meer duidelik voel, ek kan ook nie regtig se ek "sien" haar gereeld beweeg nie. ek stress baie omdat ek so min van die beweging voel en sien, maar weet darem volgens ginekl gaan alles met haar goed!
gaan 31ste vir my 4D by hospitaal. kan nie meer wag nie! en nou gaan liefie dalk nie eers hier wees nie. en 3de weer by ginekol, dan liefie ook dalk nie hier nie.

en vanoggend toe hy uit die stort klim se hy, besef ek dat as hy nie volgende week weg gaan nie, maar week daarna, dan is hy weer nie hier vir my b-day nie. so ai, nou wag ons maar om te hoor wanneer hy weggaan vir n week....
o ja, ek besluit ook nog oor die borspomp storie. dit is maar duur so ek weet nie wat ek moet kies nie!
het gister en maandag na werk gou baby city en baby boom toe gegaan om my baby shower "gift bokse" te gaan volmaak. ons het nie geweet wat om in te sit nie, en op die ou end, dit wat in is, is alles duur goed. en manlief het dit geniet om in te laai hoor! sal maar sien wat mense uit die boks koop, en dan na die shower gaan kyk wat oor is, en besluit of ons dit regtig wil he of nie en dan maar self koop!
nou ja ladies, ek moet seker weer bietjie werk..
hoop julle het n heerlike dag, darem is ons n daggie nader aan die naweek!