file November 2010 Mammas

16 years 1 month ago #93659 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re: November 2010 Mammas
Hallo julle

Hier gaan dit baie goed Gabby beweeg baie ons het gister aand so gelag want sy draai dan maak my maag sulke hobbels. Sy is baie besig die hele dag tot so 9uur in die aand dan is sy stil tot die volgende oggend 5uur.
Voel vandag soos jy Gerne wou nie vanoggend uit die bed klim nie was lekker moeg gewees.
Anina ek is bly dit gaan goed met Claudia
Julle Oktober mammas het darm baie goeie raad ek skryf net neer al die room en goed wat julle se goed is.


Julle moet 'n lekker daggie he

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 1 month ago #93558 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: November 2010 Mammas
Hi hoe gaan dit met julle almal?

Gaan goed hier! Ek is heel okay, dit begin nou net vir my bietjie moeilik raak om op te staan in die oggend :) Ek wil net SLAAP.

Ruben was gister en eergister baie stil gewees, het hom darem gevoel maar nie so gereeld nie.

Ek dink die dokter het my bietjie uitgefreak. Ek het gevra of dit regtig nodig is dat ek Sept 2weekliks gaan en Okt weekliks toe se hy nee dis fine ek kan maar nogsteeds die gewone 4 weke kom MAAR hy neem GEEN verantwoordelikheid as iets gebeur nie en ek MOET elke 10 dae my bloedruk laat toets en ek moet hom gereeld voel. hy het my regtig bietjie uitgefreak. en dis onnodig want hoe groter hulle raak hoe minder aktief is hulle mos omdat daar nie plek is nie. Ai die dokters :blink:

Ag ek hoop julle het almal 'n lekker daggie.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92686 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: November 2010 Mammas
Hi julle!

Dankie Rosie, dit was 'n heerlike naweek. Nogal lekker om op 'n Saterdag te verjaar!

Voetjies, ek het nie carte blanche gekyk nie, wat se hulle is dieselfde van lap en weggooi doeke? Die omgewings impak kan defnitief nie dieselfde wees nie en die prys ook nie so ek wonder wat is dan die selfde behalwe hoe goed dit werk, ek dink dit werk ten minste so goed soos weg gooi doeke, indien nie beter nie.

Hoop julle het 'n lekker week!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92610 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re:November 2010 Mammas
Anina baie geluk met jou verjaardag mag dit n geseënde jaar wees :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92401 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:November 2010 Mammas
Hi Voetjies.

Dankie :kiss:

Nie seker of jy weet nie, Metro maak vir mens die gordyne sommer daar verniet as jy lap daar koop, as jy dit dalk wil doen!

Wat gaan haar tema wees? enige iets spesifiek.

Geluk met jou rocking chair, ek het myne maar min gebruik want hy maak hierdie vreeslik geluid wat klink of hy wil plat val :) maar gaan my man dit uitsort voor Ruben kom!

Waarnatoe gaan julle? ag lekker hoe sal ek nou like om by die see te wees. julle moet dit baie geniet!

Agnee ek sou nogal daarvan gehou het om die program oor lapdoeke te sien. al wat verskil is... die gerieflikheid om net die weggooi doek - weg te gooi :) Ag maar gelukkig is ek nou al gewoond aan die lap!

Jy moet ook 'n lekker naweek en wekie he en al die ander mammas.

wonder waar is Anina!!!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #92050 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re:November 2010 Mammas
hi girls!
hoop dit gaan goed met almal.
hier...bly dis vrydag! alhoewel ek net vanaf woensdag gewerk het, het hierdie week baie lank gevoel. en ek's dood moeg in die aande.
gerne, Ruben se foto's is te pragtig!
lelie jou foto is net so mooi!

ek't toe uiteindelik n jean by mr. price gekry, flippen by brooklyn, plaas ek van die begin af hulle gebel het. maar nou ja.

ek ry rond en soek gordyn materiaal vir Mia se kamer. ek kan net nie my mind opmaak nie. die wat ek eergister by metro gesien het is baie mooi, maar natuurlik duur. hoekom moet mens altyd van die duur goed hou? ek gaan vanmiddag na werk na nog 1 plek toe en dan my mind opmaak sodat ek more kan koop, dat my ma volgende week dit kan maak.

ek's ook baie opgewonde, het uiteindelik n rocking/gliding chair gekry! dis 2de hands en dus helfte van die prys wat nuwe een sou kos. gaan dit hopenlik more haal.

het besluit om vir my n "ena" borspomp op bidorbuy te koop. ken iemand dit? ek sien hulle adverteer dit vir R 299.00. dis darem heelwat goedkoper as die ander in die winkels.

ek't volgende week verlof. vriende van ons het ons saamgenooi see toe vir die week. ek en manlief was van plan om volgende maand vir n week see toe te gaan, net so vir oulaas alleen, maar nou dat hierdie geleentheid opgekom het, vat ons dit! sien baie uit daarna.

het julle gisteraand carte blanche gekyk? dit het gewys dat daar nie regtig n verskil is tussen lap en weggooi doeke nie en ook gekyk tussen n paar plekke wie die goedkoopste is op baba produkte, dischem was die goedkoopste, as ek reg onthou iets soos R 50.00 vanaf die duurste plek wat checkers was. dog net ek deel die 2 brokkies met julle!

nou ja girls. hoop julle het n heerlike, rustige naweek en n geseende week volgende week!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #91278 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re:November 2010 Mammas
hey girls

ons het gister vir Ruben in 4D gesien !!!! Hy is so pragtig hoor. hy het sy gesiggie baie mooi gewys. daar is fotos op my profile as julle wil gaan kyk!

Gaan vandag uitvind hoeveel hy weeg en of alles nog 100 is.

Rosie, het jy darem reggekom met die watergeboorte?

Lelie, jou baba is te pragtig!

Skapie, ek het ook al larengites gehad toe ek swanger was, dis aaklig. hoop jy is sommer stukke beter.
jy kan maar vra, sal probeer help waar ek kan

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account