file November 2010 Mammas

16 years 2 months ago #87503 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Hi daar, dit is vreeslik stil hier deesdae.

Skapie, ek is ook siek, vrot siek die keer... My sinusse is so toe ek vrek van die hoofpyn en my keel is seer ens ens ens... Die dokter het vir my antibiotika voorgeskryf gister maar dit voel nie asof die enigsins iets doen nie.
Stefan is ook siek en my bediende is af vir die week omdat haar pa oorlede is. So dit gaan bietjie rof hier. Ek is net tot more afgeboek so more moet ek weer gaan werk en ek moet vir Stefan saam vat omdat Paulina nie hier is nie. Ek sien glad nie uit daarna nie!!

Ek het ook daai tydskrif met die borsvoed video gekry, het dit gisteraand gekyk. Dis nogal interessant.

Ek dink glad nie jy is mal om dit sonder pyn verligting te doen nie, maar ek wil jou sterk aanraai om daai Hypnobirthing kursus te gaan doen. Dit sal jou kanse op sukses net soveel groter maak. En ek dink Kim het nou specials aan, kyk bietjie sy het 'n post daaroor. En onthou as jy kraam is vrees = pyn. Regtig!! Dis die vrees wat maak dat jy die verkeerde hormone afskei en dan pyn ervaar. Ek se nie die pyn is in jou kop nie, defnitief nie, dis real. Maar sonder vrees sal jou ligaam endorfiene afskei wat die spiere verslap sodat dit nie pyn nie. Vrees laat jou adrenalien afskei wat die spiere laat saamtrek en dan het jy pyn. Dis hoekom ek se gaan doen die hypnobirthing, dit leer jou om die vrees te kan uitblok sodat jy 'n wonderlike ervaring kan he.

Voetjies, ek gaan 1 Nov op kraamverlof en ek kry 3 maande betaalde verlof. Ek oorweeg nog of ek die 4de maand onbetaald gaan vat of nie. En dan wens ek baie sterk ek net boedel oor te gee en bedank. Dit maak my heeltemal klaar om so te werk terwyl my kind(ers) my nodig het. Stefan was 'n droom die 5 weke met die world cup vakansie en is vreeslik klouerig en huilerig vandat ek terug is by die werk. As daar maar net 'n manier was dat mens dit finansieel kon maak sonder daai inkomste... Miskien kry Johan tog een of ander tyd 'n ander werk, dan sal ons dit dalk kan bekostig.

Lekker daggie!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87471 by Voetjies
Replied by Voetjies on topic Re:November 2010 Mammas
hi almal! hoe gaan dit en hoe voel julle deesdae? hier heel goed. van middel verlede week af voel ek skielik baie groot en baie ongemaklik, en dit voel of Mia net nie wil wegbly van onder my ribbes nie. my jeans pas my nog, maar druk nou op die maag net te veel, nou flippen kry ek nie die MR. price jeans wat op sale is in my size nie. ek was nou al by 4 verskillende winkels.
skapie ek't ook die dvd gekry, maar ek't dit nog nie gekyk nie! en jy's reg, daar is baie interressante artikels in die uitgawe.
sjaim man, hoop die verkoue-iets sal gou gou beter voel! Anina is ook weer siek en in die bed. ek drink maar elke oggend my cal c vita en is gelukkig sover, en glo my ek's die tipe wat enige bug in die lug gewoonlik vang!
wow jy's nice om al lysies reg te kry. ek is so negatief oor my werk deesdae en so geirriteerd dat ek voel ek wil niks doen nie. en ek is baie, baie erg oor hoe my goed gedoen moet word, leers, filing ens, en ek weet sommer ek gaan die hel in wees as ek terug kom, oor hoe wie ookal my werk gaan doen, dit gaan doen. want ek voel niemand is so presies op die papierwerk soos ek is nie. ek dink al meer en meer ek moet eerder net terugkom na kraam verlof en bedank as wat ek hier terug kom en alles van 4 maande moet oordoen. maar nou ja, so kan ek maar droom, maar is ongelukkig nie so gelukkig (en ryk) dat ek n huis-bly-mamma kan wees nie, al wil ek hoe graag!
girls, wanneer begin julle met julle kraam verlof?
hoe lank voor julle datum?
en vir hoe lank is julle met kraam verlof?
wat gaan aan dat dit deesdae so vreeslik stil is hier?
goed gaan, lekker dag, lekker week en sommer net alles wat lekker is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #87462 by skapie
Replied by skapie on topic Re:November 2010 Mammas
jissie anina, dit is interresant. ek verstaan die mediese fonds se punt oor die keisers. suid afrikae het die hoogste keiser rate in die wereld, en ek dink dit is baie keer die gynaes wat die pasiente onnodig bangpraat. Moenie my verkeerd verstaan nie, daar is niks fout met keisers nie, ek persoonlik dink maar net die gynae's het baie daarmee te doen.

Julle moet die Your Pregnancy magazine kry...ek dink ek het al gesê. daar is 'n dvd by oor borsvoeding, en ook baie inligting oor keiser en normaal, pynverligting, en wat elkeen doen ens. dit was vir my interresant.

Ek gaan probeer normaal, sonder enige pynverligting.mense dink ek is mal, maar hoekom dit nie eers probeer nie.

ek sit weer met 'n tipe van 'n verkoue, ek weet regtig nie. dit is nou die 2de keer in 'n maand. het darem nog my medisyne van laaskeer oor, so hopelik kan ek myself net gesond dokter.

Julle almal moet 'n lekker dag en week hê, ek probeer dinge hier regkry vir my kraamverlof, maak lysies vir almal en hoe ek dinge doen ens....(nie asof iemand gaan hou by die lysies nie, maar dan sal ek ten minste met 'n geruste hart op verlof kan gaan)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85661 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Lekker Rosie! Myne is 21 Augustus. Hulle moes my se want daar is nie baie oop datums in my dagboek nie. So hulle kon basies kies tussen 2 datums en ek moet nog my niggie sin ook reel so ek moes weet watter een van die 2 datums ek kon gebruik vir hare.

Oor die medies, Skapie, hulle is besig om alles te verander. Dit lyk asof geen medies binnekort meer keisers sal dek nie. Slegs nood keisers. Want 95% van vroue is in staat om gemaklik normaal te kraam, dis ons samelewing wat ons laat dink dat ons nie kan nie. Maar die dokters sal wel 'n manier kry om daar verby te kom. Al boek hulle jou in vir 'n induksie en maak dan iets op van 'n probleem sodat jy 'n "nood" keiser moet kry. Hoe bloeddruk en brug babas sal noodwendig met 'n noodkeiser gebore word.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85538 by skapie
Replied by skapie on topic Re:November 2010 Mammas
Aaah, hoe exciting Rosie....jy moet ons kom vertel wat jy gekry het. my suster reel my baby shower....maar ek het nie 'n clue wanneer nie, ek dink hulle gaan my omtrent omkant vang. ek is gewoonlik baie wakker met sulke goed....maar ek dink die keer gaan anders wees.

Oor die medies....Jou medies moet 'n keiser dek, as jy nie kan normaal geboorte gee nie, is dit nie jou skuld nie. of hoë bloeddruk, of baba nie draia nie of whatever....ek weet jou dokter moet net dit motivate....maar weerens, dit kan jy eers doen op so 37 weke.

jip, ek het maar voor ek swanger geraak het seker gemaak van die dokters se rates en daai dinge, en vir my 'n gynae gesoek wat 100% charge, en trust me, daar is bitter min van hulle. ag, en oor die volle medies, dit is rerig 'n waste. ons sal dalk as baba hier is. maar ons gaan letterlik nooit dokter toe nie, miskien eenkeer in 2 jaar vir griep of whatever. so dit is nie die moeite werd nie.

ek voel so bleeeh vandag...is moeg, my round ligaments is styf, en my maag voel sommer groot, en ek het sooibrand. maar ek het ook gaan laat slaap elke aand die week, so dit ismaar my eie skuld.

Lekker daggie vir almal. die naweek rus ek net.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85151 by Rosie
Replied by Rosie on topic Re:November 2010 Mammas
hallo julle almal

Hoop dit gaan goed met julle almal
Gabby skop lekker vandag
Het gister uitgevind my babyshower is die 4 Sep dit gaan so nice wees my Sussie en Ma reel dit en my een niggie help hulle omdat my Sussie al terug is in Engeland. Sien baie uit daarna.

Julle moet 'n lekker daggie he

Please Log in or Create an account to join the conversation.

16 years 2 months ago #85112 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re:November 2010 Mammas
Hi almal,

Hoop dit gaan goed met julle almal!

Gerne, hierdie sussie skop my ook hoog, ek dink sy het kop ondertoe gedraai want sy skop nou op twee plekke in my ribbes en ek kan nie meer haar koppie voel nie...

Lekker dag julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account