hi almal! sjoe maar ek was ongelooflik lanklaas hier gewees! ek volg wel elke post op my email notifications. en is bly om te sien dat dit oor die algemeen met almal goed gaan. en dat almal se babas mooi groei en daar nie ernstige probleme is nie! hier gaan alles ook goed. kan nie glo die tyd het so gevlieg nie. nog net 15 weke vir my oor. ek wys steeds baie min, dra maar klein, gelukkig, want anders sou ek lankal geweier het om van my bed af op te staan met die rugpyn wat ek reeds het! het nog glad nie met my baba kamer begin nie, maar het reeds n magdom goed wat die hele kamer vol le. die werk het my ook verras met n baby shower verlede week, en ek't die mooiste goedjies gekry vir Mia. sy gaan so pragtig lyk met alles wat almal vir haar gekoop het! my volgende afspraak is 5 Aug en 4D by hospitaal is 31 Aug, sien baie uit! nou ja, dis my vinnige hallo se! pas julle mooi op en mag almal n heerlike dag he! ps, voel of ons winter nou verby gaan, ek hoop regtig so, want ek kan nie meer in al die dooie bome, gras ens vaskyk nie, ek soek nou LEWE EN KLEUR!!!!!!!