More julle
Jip, blykbaar is mangels wat teruggroei baie algemeen!!
Wat gebeur is dis baie moeilik om mangels heeltemal uit te haal en as daar selfs net 'n millimeter agterbly dan groei hy weer! Simpel goeters
Ek sal maar sien wat se die spesialis as ek hom sien.
Maar ag wat 'n naweek van HEL!
Nevermind my sinusse en hoesery, daar begin ek Vry aand opgooi en my maag begin werk met 'n passie. Hy werk nogsteeds!!!!!
Toe begin Riley se magie werk, het darem net so 5 keer Sat gewerk, maar haar magie werk mos net 1 keer 'n dag en sy gooi toe op so 4 keer deur die dag.
Ons het toe 'n hoop medisyne gaan kry en sy is nou reg lyk my.
En wragtag deur die nag gisteraand begin my arme man se maag! En hy moes vanoggend Kaap toe vlieg.
So ekke werk maar vandag van die huis af. Ek kan nie se hoe baie vloeistof ek al in en uit het nie.
Julle, ek weet nie hoekom ek altyd so bad luck het nie, want daar word wragtag siek, en dis mos my beste vriendin se 30set bday party gewees en ek moes dit mis! Was soos 'n lyk Sat aand.
So nevermind my simpel sinusse, daar slaat ek 'n maagvirus.
Ek het 'n snaeky suspision, die Augmentin SR, dis die sterkste antibiotika wat jy kry het my maag net so verder opgedonner, ek het maar vir eers beluit om dit op te hou drink, want diarree word as no 1 newe effek gelys!
O ja, het xstrale laat neem van my sinusse Vry, ek kan natuurlik boggerol sien wat daar aangaan, maar ja daar is akute sinusitis op die goete. Maar ek hoop regtig die spesialis kan my goeie raad gee hierdie Vrydag.
Aaai julle, ek is moedeloos met die siek wees hierdie jaar.
Ek is REGTIG eintlik iemand wat amper nooit siek word nie, en hierdie jaar tref dit my net die een na die ander????? Wonder waarvoor ekke gestraf word????
Grenaat, geluk met Rosy se koms!!
Rosy moet more by my kom kuier.....
Kwaaitjie, ag Mare lyk so oulik in sy stoeltjie