file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #195404 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

So bly jy kom weer saam gesels Handjievol! Ek admireer jou nogsteeds met 5 kinders en al die MILJOENE goed wat jy doen elke dag! Jy is net eenvoudig amazing!

Hasie, ag Claudia is darem te oulik! Die handjiesklap is so cute.

Nee wat Riley is nogsteeds net gums al die pad. Ek lag sy kry dalk nooit tande nie :huh:

Sy maak my mal deesade, sy wil ook heeltyd opgetel word. Huil vreeslik en as ek haar optel dan is sy baie happy en smile baie brred. Slim klein wettertjies!

Heerlikheid en sy het mos nou geleer om die badwater te klap. Julle, ek jok nie as ek se, die HELE badkamer is vol water nie. Sy slaat die water laat dit so uitspat oor die bad en sy is natuurlik papnat haarself. Sy is ook nou vreeslik lief om te le op haar maag in die bad en dan le en drink sy die badwater te lekker.

Alweer besige tyd by die werk met interviews!

Hasie, skies jy het my lank terug gevra watse poste on by Vodacom vul...ons afdeling in EPI-USE spesialiseer in die Software development kant en ons stel meestal Senior Java Developers, ETL Developers, Business Analysts aan.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195398 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Korreksie!!! 6 maande oud! :blush:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195396 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
En nog een. (Hy is 3 maande oud op die foto)

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195395 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
En nog een. (Hy is 3 maande oud op die foto)

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195394 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie, shame ouma wil net ook kan se sy het vir Claudia iets geleer! Mare klap ook al so van 8 maande af hande.

Ek moet eers bietjie met Grenaat spog! Kyk hoe mooi het sy Mare se foto gemaak!

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195335 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Sjoe Grenaat, jammer om van julle vriende se seuntjie te hoor, dis darem maar erg om 'n kind te verloor. Ek kan en wil myself nie in daai posisie indink nie. Mag ons gespaar bly daarvan.

Hey, ek kry actually kos in!! Sit nou hier en mince en pasta eet...

Ja nee, Claudia wikkel, eks amper half vies vir my ma oor wat sy haar alles geleer het, voel of ek erg uitgemis het! Ek het self vir Stefan geleer hande klap en waai... Maar dis ongelooflik om te sien. Ek sit haar op my skoot, dan sing ek: handjies klap, koekies bak... dan klap sy hande sonder dat ek hande klap! Dan sit sy haar handjies op haar kop en skud die koppie as ek aan die einde se: ons gaan liefie toe. Weet nie of dit deel is van die liedjie nie, maar dis my ma se weergawe. Sy volg actually die liedjie en doen die moves, dis vir my nogal scary, is sy veronderstel om dit op 8 maande te kan doen??? Stefan het eers op 10 maande hande geklap.

Jitte maar ou Rubies sny tande asof dit nou uit die mode uitgaan!!! Sommer nr 6 oppad, wow. My kiddies sukkel maar met die tande. Hopelik is Claudia makliker as Stefan, maar sover lyk dit asof sy net so laat gaan wees soos hy.

Kwaaitjie, ek kan net dink hoe cute daai rollertjie van jou lyk! Elke stadium is darem so spesiaal ne. So jy se hy is nou goed mobile! Lekker, dan hou hulle hulself baie makliker besig.

My ou Stefan is mos so pappa vas, aan die heup gejoin die twee... maar gister het ek mooi gesien pappa is nogal erg oor sy meisiekind ook! Hy kon haar nie uitlos gister middag nie!! En haar gesiggie het geblom toe hy by die huis inloop. Te cute!!

Maar jitte, sy het groot geword!! Ek het 2 babygrows saamgestuur wat regtig te groot was, haar voete het nie in die foot boxes gekom nie, as sy kruip dan sleep die bene so agter haar aan, nou is altwee die babygrows amper te klein!!! Ek weti wat my ma hierdie kind gevoer het nie, maar sy het baie daarvan gekry... En sy is terug op die middernag bottel, ouma was blykbaar nie lus vir sukkel nie... Nou sal mamma maar weer moet sukkel om daarvan ontslae te raak.

Lekker dag almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195316 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie bly jy is soveel beter! Moet wees oor die kids tuis is! Geniet hulle!

Grenaat so jammer oor die vriende se seuntjie! Toemaar by liewe Jesus is sy borsie oop en voel hy nie siek nie! Baie sterkte! Lol vir Henko en die voels! Kinders laat ons weer met ander oe na die dinge rondom ons kyk, ne. Maak ons weer wakker vir dit wat om ons aangaan! Yay vir al die tande! Mensig maar hy wikkel nou ne! Mare sukkel met no.3! Hy vreet alles op wat hy in die hande kan kry! Sommer vir mamma en pappa ook! Lol! Ja, hy keer ook so na agter toe, maar meestal val hy maar om en rol dan rond.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account