file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #195312 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
more

gister middag was sommer lekker by die huis, daar is 'n klomp voels wat vreeslik raas en lyk dis paartyd so elke keer kom sit hulle op die muur en skree en raas dan freak henko uit LOL ek moet elke keer saam hardloop om die vreeslike ding te gaan kyk :) die opgewondenheid van kinders darem.

oe en die liefde wat die twee boeties vir mekaar het, dis so wonderlik. Handjievol, kan net dink hoeveel liefde in jul huis is. !

ek doop jou nou sommer HV, dis vinniger :) Ek lag lekker vir sussie wat vir andre so rond sleep, dis te cute, jou kinders help seker baie met sy grootmaak! en entertaining ne ! jy klink vir my besig, seker die dat jy so goed lyk, dang girl, your a hot mamma!!!

Hasie, daai kleinding van jou wikkel ne!

Wel, rube'miceter kan nie rol kruip of staan nie maar hy KAN tande sny :) sy 5de een is gister uit en 6de een sterk oppad. ek het gister probeer fotos van die dracula neem voor die voortand te veel wys maar dis onmoontlik :)

kwaatjie, klink vir my hy gaan ook baie binnekort meer mobiel raak, hy groei nou met 'n spoed.
keer hy ook so agter hom as hy agteroor val? ek kan so lag vir ruben as hy agteroor val dan keer hy dan is hy stuck LOL sukkel nog om heel regop te kom op sy eie!

julle, vriende van ons van hartswater se seuntjie is gisteraand oorlede, ons het so gehuil. hy was 2 en het 'n week gelede kroep gekry, sy longe het platgeval en suurstof tekort op die brein gehad. hy was 'n week in icu en is toe gisteraand liewe Jesus toe. dis baie hartseer.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195311 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Jip ek voel bietjie beter dankie Kwaaitjie. Ek wil nie te gou praat nie, gister het ek mos gedink eks nou fine, toe val ek weer... maar ek voel regtig stukke beter. Seker die kids wat by die huis is wat my soveel beter laat voel. Hulle hou vir my so besig, ek het nie tyd vir siek wees nie.

Handjievol, cute naam!! Jy klink rof bedrywig!! Klink of ou Andre rof grootword. Regte seunskind!!

OK, ek moet gaan teetjie maak... opgekommandeer deur my seun!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195303 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More :P

Sjoe Hasie dis vreeslik hoeveel die ou kleintjies so in 'n week kan verander ne! Jy geniet dit seker om die tweetjies terug te he!

Handjievol, welkom!!! (goeie keuse vir 'n naam!) Bly jy is weer met ons! Andre geniet seker die boetie en sussies vreeslik! Hulle kan mos lekker met hom speel! Jy moet die fotografie kursus geniet! Het jy 'n spesiale kamera aangeskaf? Sjoe jy raak ook al hoe bedrywiger! Dis drukwerk en nou nog fotografie ook. Dan praat ek nie eers van die skoolhou, kinders grootmaak en huishou nie! En daar is mense wat dink as jy tuismamma is, het jy niks om te doen nie en baie tyd! Hulle kort 'n "wake-up call"!

Mare het sommer in die laaste twee weke vir my van baba na seuntjie verander! Skielik het hy 'n baie sterk willetjie van sy eie en as hy vir pappa soek, soek hy net vir pappa! En van net sit en le en so nou en dan omrol het hy verander in hierdie klein wesentjie wat soos 'n pyp teen 'n afdraand die hele wereld vol rol, self regop kom van le af en net wil staan!

Hoe voel die siekes vanmore? Bollie en Hasie is julle nou al oor die maagvirus? Hoop regtig julle is almal beter!

Lekker dag! Hoop ek "sien" darem van julle later hier!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195230 by Handjievol
Replied by Handjievol on topic Re: Oktober mammies 2010
Nou ja, ek het maar besluit op handjievol. Mmmm wonder hoekom? Hehehe.
Ek gaan probeer om te chat saam julle, het dit so gemis. Ek sal maar in die aande kom inloer as die kidsin die bed is.

Ai sterkte met al die siekkes. Dit wil net nie los nie.

Ek sal bietjie Andre moet afneem weer, skandelik. Ek neem 'n fotografiekursus in die aande, en het nie eintlik fotos van Andre van onlangs nie.

Andre se gegewens sal ek ook more aand gee. Kry nou te koud om uit die bed uit te klim om te gaan kyk wat dit was.

OE die huisverf en tuinuitleg klink lekker. Hier is dit net bome, bietjie gras en grond. Sou so kom doen met 'n tuin. Maar wat alles op sy tyd.

Julle ek hoor net nou hoe Jeanne op en af in die gang hardloop met haar krat. Daai wat ek sommer speelgoed inpak, maar haar klein ene. Toe ek nou begin raas en se sy gaan hom breek, sien ek sy het vir Andre binne in en dis met hom wat sy so 'n spoed op en af hardloop. Hy geniet dit natuurlik gate uit en skud net die k rat vir nog!
Partykeer beter om nie te weet wat hul aldag aanvang nie.

Tot more.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195182 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Jitte julle mens mis baie in 'n week! Claudia loop soos blits teen meubels, mure of enige iets met effense ondersteuning! Sy klap hande, waai tata, sê woef en ek verbeel my amper sy sê ouma ook! Wonder wat het my ma ha gevoer?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195157 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ag jong, hopelik kan die spesialis my goeie raad gee of watookal Vrydag, dit kan baie moontlik iets wees wat ek eet, ek is raadop, so enige raad gaan ek vat :-)

Grenaat, ooo sien baie uit om te sien hoe julle tuin lyk!

Ralmarie, hier is my update:

Geboorte: 3,18 kg
8.5 maande: 7,2 kg

Sy gaan nou amper vir haar 9 maande besoek so dan kan ons regtig sien hoeveel het sy gegroei!

Sy staan vir rukke alleen en sy loop blitsvinnig al langs die meubels rond, maar sy loop nog nie.

Geen tande nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #195143 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ek het vandag bietjie my middag af vir die maand, te lekker, kon nie n beter dag gekies het nie want rosy vat nie nonsens die keer nie :dry: Hoop regina kan my so uurtjie 'af' gee vanmiddag LOL

lekker dag vir almal

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account