Nou is ek boos! My post is twee maal weggegooi! Stupid internet duiwel!
Grenaat geluk met die tande! Ek like die tande dans! Lol vir Regina.
Hasie dankie dat jy jou wonderwerk met ons deel! Dis wonderlik hoe God se planne vir ons werk! Hoop Stefan voel sommer gou beter! Shame dit kan niks lekker wees om so aanhoudend te braak nie! Dink net hoe seer is sy ou lyfie al! Geniet die troue more! Hoop jy het jou terniese top gekry anders gaan jy bibber more!
Dragonfly geniet die afdaggie saam met Kayla en jou vriendinne! Yay vir die gewigsverlies! Veral die sentimeters! Jy is 'n inspirasie vir ons! Geniet julle troue ook!
Bollie hoop jy rus goed en voel more beter sodat jy die verjaardag kan bywoon! Ek hoop regtig die spesialis kan iets vir jou doen! Jy sukkel darem iets vreesliks met jou sinusse! Sterkte! Ai tog vir mangels wat sommer terug groei! Is dit nie dalk deel van die sinus probleem nie? Hoe voel Riley?
Grenaat hier is Mare. Dis nie 'n baie goeie foto nie, ek het dit met die selfoon so in die ry afgeneem. Ek moet net die kamera onthou, dan kom laai ek 'n ordentlike foto op. Sy lip is darem weer gesond, hy is net vreeslik klouerig op die oomblik! Wil ook glad nie alleen slaap of wees nie. Slaap darem in sy eie kamer, maar ek laat hom op my skoot aan die slaap raak. Anders slaa hy glad nie! Die oomblik as ons uit sig is, huil hy. Het skeidings-angs ingetree?
Lekker dag!