file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #194220 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat so jy kan ons van gas voorsien vir die heater! ;) Shame ek dink Helene het 'n redelike ernstige krisis! Sy gaan dalk geforseer wees om 'n elektriese stoof te gaan koop. Toemaar Ruben sal een van die dae staan! Jammer oor sy val! Siestog hulle kan darem vreeslik huil! Ek het ook net so harde plof geluid gehoor. Okay ek weet nou nie van PCOS nie, net al gehoor dat mens bitter min vir rosy kry as jy dit het. Dalk moet jy net eers 'n toets doen voor jy met jou pil begin. Net vir veiligheid.

Bollie ek het destyds gehoor van jou skoonma se moord. Dit was regtig tragies! So bly die hele ding is darem nou eindelik afgehandel. Ongelukkig maak een mens se 18 jaar tronkstraf nie op vir 'n ander mens se lewe nie. Of eintlik 2 soos jy op fb gese het. Maar soos jy se hy sal eendag rekenskap gee.

Dalk moet jy en Riley liewer dokter toe met daardie gehoes! Dit is dalk besig om bronchitis te word en dan sit jy met erger gevolge. Dan is jy self siek en alleen met 'n siek babadogtertjie!

Die Ackermans boudsalf is soos die Fissan paste, nie die bum cream nie. Dit het amper 'n putty tekstuur.

Nou waar is Hasie vandag?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194190 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat, oooo ek verstaan!

Ag hy werk daar by 'n klient, daar is probleme wat hy moet uitsort. Ag dis sommer net GOOR!!!!, maar wat kan mens doen? werk is werk!

Ek sal vlg keer die Ackermans probeer! Ek hou van die gevoel van Fissan, dis nie te dik of te dun nie, so dan behoort ek van Ackermans s'n te hou!

Julle, ek hoes my longe uit, dis al so seer en my neus is rou van al die blaas en afvee :( Ek dink dis besig om om te skakel in bronchitis.

Riley hoes net so baie, en ek het mos Prospan vir ons albei gekoop, dit werk nou ongelukkig glad nie vir ons nie :( Sover het dit die effek van gegeurde water :laugh:

Die skoonma se moordenaar is toe mos nou uiteindelik na 3.5 jaar skuldig bevind en ek sien hy is maar 18 jaar tronkstraf gegee.

Dis belaglik, maar nou ja, hy sal eendag rekenskap gee, en ek is net verlig dit het alles tot op 'n punt gekom en mens weet nou dis afgehandel.

Shamepies vir die val Grenaat en Kwaaitjie! Toemaar Riley het verskeie kere van die bed afgeval! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194166 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
kwaatjie, my man werk by 'n plek wat gas verskaf :) ons het baie gas in ons huis !!! LOL Maar ja daar is 'n probleem, hy het gisteraand eers half 9 by die huis gekom want hulle het gas gepomp
jammer oor M se val :( ai dis nie lekker nie maar dit gebeur ne. MAAR geluk met die mooi staan!! groot seun.
ons probeer vir R laat staan maar nee wat, hy trek sy beuntjies op :)
Ek het ook met H van daai boudjiesalf gebruik, hulle werk baie lekker (en ja, is moer cheap!). veral as die kiddies bietjie ouer word dan is dit nie so vreeslik nodig vir die duurste nie. en daai boudjiesalf werk wonderlik vir winter gebrande wange (my kids kry dit baie want hulle is baie buite)
Ek het op FB so lekker vir Helene gespot want sy soek orals gas toe se ek vir haar ek sal vir haar met 'n balon stuur! hie hie, shame sy is desperaat. gister skryf sy sy ry die hele wereld vol en soek gas toe ry sy agter 'n afrox trok, sy wou hom sommer hi-jack!

Dragonfly, bly die spuite het so goed gegaan. Ek het al gehoor mens sukkel vreeslik om die doeke se blou af te kry :)

Bollie, hoekom werk jou man so in die kaap ?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194163 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More almal.

ja ek was toe huis toe, te lekker, sommer vroeg in my pj's.

Ruben het ook geval gister :( ai my kind het so gehuil. ek was in my kamer en Regina was besig om ruben aan te trek toe hoor ek net 'n doef geluid, spring op en hol na hom toe toe huil hy erg. maar sy se hy het nie op die grond geval nie hy het met sy kop teen die kas se laai geval toe vang sy hom, kan net nie dink die geluid moes so hard gewees het as dit net teen die kas was nie. maar daar is geen kolle of merke nie.

nee ek wag nog vir ou rose kind. ding is ek het mos PCOS so as ek nie die pil drink nie menstrueer ek amper glad nie (dalk so 1keer in 6maande). ek was agter met my pilletjie (ek is vreeslik sleg met die ding) toe is die datums nie reg nie en en, toe besluit ek ek gaan hom los en dan sodra ek weer begin menstr begin ek hom weer drink sodat alles nou reg is en ek nie weer agter is nie. wel ek het gedink ek sou daai maand weer kon begin drink maar ek wag nou nog vir rosy so ek kan nie begin nie. dalk moet ek maar net op die rooi pilletjie begin sodat ek kan begin menstr en alles is verby.

ek is glad nie gestress dat ek preggies is nie, ek kan nie so maklik swanger raak nie (en ja, as mens nie rosy nie kan mens nie swanger raak anyways nie).

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194151 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Goeie more!

Dragonfly bly Kayla het die spuite so goed gevat! Sy is lekker lank! Langer as Mare, hy is 73cm.

Ag julle toe rol Mare gisteraand van ons bed af! Hy het so vresslik gehuil en eindelik op pappa se bors aan die slaap geraak. Ek het so geskrik! Hy lyk okay, sy bolip is net geswel en het so klein bietjie gebloei. Dit alles van 'n oomblik se wegkyk om 'n ligskakelaar aan te sit. :blush:

Ek het van die Ackermans boudjiesalf gekoop en is nogal beindruk daarmee. Dit het min of meer die selfde tekstuur as Fissan paste en help heelgoed vir effense brand boudjies. En dit kos maar R13 vir 'n pot.

Bollie hoop jy en Riley voel bietjie beter van al die gehoes.

Hasie hoop jy het al jou dinge gedoen gekry gister.

Grenaat het Rosy al haar verskyning gemaak? Jy spot met Hasie oor nommer drie, maar ek wonder. . . . . ?

Het julle gehoor dat daar nerens in die land "huis"gas is nie? Hulle laat invoer, maar dit sal eers einde Julie beskikbaar wees! Nou wonder ek hoe maak Helene met haar besigheid?! Sy het mos 'n gas-stoof. :huh:

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194126 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Helllooooo!!!!!!!!!

Kwaatjie geluk met Mare wat nou so mooi staan.

Granaat, kon jy toe vroeg huis toe? En ja, hoekom vat jy nou vir 2maande nie jou pil nie.

Bollie ek sal sekerlik regtig huil as my man so gereeld vir sulke lang tye moes weg gaan.

Hasie eks sommer jaloers oor die 11_uur opstaan. Ek doen gebruik huggies gold-het pampers premium-so sal dit gebruik vir n paar dae en sien. Sal die ink nie afkom as ek haar bad nie? Ag ek suppose dis nie asof ek haar skrop nie so dis moontlik-sal sekerlik kyk! Dankie vir die info.

Die kliniek suster het Kayla so gespuit dat sy nie eers geweet het sy was gespuit. Syt haar van agter af gespuit terwyl sy op my sy gesit het. Sy weeg 9.38kg en is 74 cm

Stella, bly jyt kom inloer- hoop X word gou beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194095 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie dit is om van te huil! En die naweke maak nie heeltemal op vir die ander dae wat hy nie by jou is nie! Dis juis dan wat jy hom nodig het omdat dit so dol gaan in die week! Ag dis sommer aaklig! Shame huil maar so bietjie, dan voel jy beter! :kiss:

Huistoegaantyd! YAY! Lekker aand almal!

PS Kan nie wag om ons ou seuntjie te gaan haal nie! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account