file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #194408 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
oja, onthou asb om vir ruben en riley te stem by jessica otto photogrpahy se cutest baby competition. ! tanks.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194406 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Ek was gister bietjie MIA omdat my vriendinnetjie mos more trou en ek en Voetjies bridesmaids is. So ek was saam met haar by 'n spa dag. Het weer bietjie kans gekry om 'n good old wax te beleef, sommer eyebrows ook gewax. Toe hare gesny en mooi strepies ingesit. Of ja, die sny is mooi, die strepies is glad nie wat ek wou gehad het nie, maar dis nie my gewone haarkapper nie my vriendin se aanstaande skoonsus wat 'n baie glamourous haarkapper is het dit gedoen. So sy ken nie my hare nie en wou nie luister toe ek vir haar se ek het GEEN pigment in my hare nie so die rooi moet moer donker wees anders kom dit bruin uit. Maar sy sit toe copper streaks in in plaas van auburn, en nou het ek ligbruin streaks... Maar dit lyk mooi, net nie wat ek wou gehad het nie. En dit gaan uitgewas wees teen die einde van volgende week, dan sal ek maar na my haarkapper toe gaan en dit oordoen.

Stefan maak my moedeloos!!! Hy was nou mos Woensdag so siek dat ons hom moes gaan haal by my skoonma. Hy het Dinsdag aand begin opgooi en reg deur die nag opgegooi, Woensdag oggend het skoonma my gebel en ek het gese sy moet hom dokter toe vat. Dit gedoen, meds gekry maar dit help toe niks. Teen 3 uur bel sy my weer en se ons moet maar kom want die dokter het gese as hy nie beter word nie moet hy hospitaal toe gaan. So toe bel ek 'n pead in Pretoria, maak 'n afspraak en ouma vat hom toe soontoe, ons het hulle daar ontmoet. En dis 'n great pediater, ek het Stefan soontoe gevat vir sy 6 weke ondersoek lank lank terug en hy onthou ons nog steeds.

Anyway, die pead vertel toe vir ons breedvoerig hoekom hulle nie maklik kids opneem nie, daar is net 3 gastro isolasie beddens in meeste hospitale, hulle kan nie gastro kids tussen ander sit nie, kids dehidreer nie so maklik soos ons dink nie, word beter by die huis gesond, ens ens ens... Toe ondersoek hy hom en bel die hospitaal vir 'n bed!!! So toe neem ek aan my ou seuntjie is ERG siek. Maar helaas, daar is nie beddens beskikbaar by Wilgers of Pta Oos nie, so ons word op waglys gesit en huis toe gestuur.

Ons gee vir S sy meds en hy kots dit dadelik uit. Kry toe darem 'n setpil in wat nie weer uitgekom het nie. En wonder bo wonder word hy toe baie beter. Hy kots nie meer nie, maar hy is maar nog pap en lam. Gister het ek hom toe by die engel Paulina gelos en gisteraand het pappa hom kom haal en hom na my vriendin toe gebring want ons het daar geeet.

Hy is vanoggend maar nog vir my erg siek. Hy het nogsteeds diaree, hy poef, dan loop dit sommer so uit sy doek uit by sy bene af. Is al deur 5 doeke en 3 broeke en dis nou nog nie eers 9 uur nie. En probeer nou meds in sy lyf kry, dis onmoontlik!!! Hy weier, nes ek dink dis af hoes en proes hy tot hy homself so naar het hy kots dit uit. Hopelik bly daar darem ietsie agter. Die ergste van alles is, ek het die meds geproe en dis vrek lekker so ek weet regtig nou nie hoekom hy so 'n fight opsit nie. Maar lyk my hy WIL nou maar eenmaal nie antibiotika in sy ou lyfie he nie. En hy wil ook niks eet vanoggend nie, is huilerig en vrek moeilik. Maar hy het darem al twee bottels tee in sy lyf. So hy sal seker nie dehidreer nie.

En more moet ons heeldag by die troue wees, van 8 uur af en Paulina kan nie na hom kyk nie, ek wil hom nie na my ma toe vat nie want Claudia is daar en is gesond... en my skoonma is nie more beskikbaar nie. Ek sal hom maar op die ou end seker na my ma toe moet vat, het nie veel van 'n ander keuse nie.

Maar ja, dis my kla storie van die dag. Hopelik word hy baie beter vandag!

Verder...

Bollie, ek het gelees van jou skoonma, dis darem baie erg. Bly die ou is darem vir 'n rukkie agter tralies. Maar soos jy se, hy sal sy dag kry. Die Here sal dit nie laat verby gaan nie.

Kwaaitjie en Grenaat, jammer vir die valle! Hoop die ou seuntjies is darem nie te erg beskadig nie. Almal moet ook maar op die ou end 'n ou storietjie he van hoe hulle op hulle koppe geval het toe hulle klein was.

Dragonfly, eks bly die blou lyk of dit dalk net die doeke kan wees. Hoop so, maar of dit nou dit is of iets anders, dit sal gesond word. Geniet die af dag!! En die hasie park!

Bollie, hoop die dok kon jou help. Sinus is nou een ding waarmee ek nie wil sukkel nie. Johan sukkel ook met syne, en dit lyk vir my rof erg. My innige simpatie!!!

Lekker daggie vir almal, ek sal later weer inloer!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194393 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
More

oe ek is sommer in 'n goeie bui vandag, hoop dit bly so :)

Ek sien nou net Ralmarie het op ons Oktober moomie mamma groep op FB geskryf as julle dalk wil gaan loer.

Dragonfly, ag lekker vir die af dag en die hasie park, sy gaan dit SO geniet! En geluk met al die verloor, shoe dis great!!! watse dieet het jy gevolg.

Ek begin weer 1 sept, wil net die winter agter die rug kry !

SO...... ek moes net gister geskip het om te se "vandag is die dag" want vanoggend vind ek 2 brand new toothies in sy mondjie, en watter nogal... die oogtande. Dis hoekom die klein bugger so gesukkel het. Dis bo so hy gaan ons klein Dracula wees !!! Ai julle, hierdie mamma is nie lekker in haar kop nie want nuwe tande maak my net so opgewonde LMGA, ons het die tande dans op die bed gedoen en Rubesters het 1000 soene gekry :laugh:

Nou se regina vir my, ek het miesies gese jy moet nie loer nie, nou het die middelste twee terug gegaan en nou gaan hy siek word Ha Ha, hulle glo mens mag nie loer nie dan kom hulle nie :)

Bollie, hoe voel jy vandag?

Kwaatjie, ek mis ou M se gesiggie, sit weer bietjie 'n foto op man toe

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194353 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Hasie waar is jy vandag? Ek dink jy kan meskien ref wees oor die doeke, ek voel natuurlik bietjie dom.lol maar verlig ook!

Bollie, dis regtig hartseer wat met jou skoonma gebeur het. Sterkte vir julle almal en baie bly dis finaly af gehandel.

Granaat en Kwaatjie jammer vir die val.

Ek werk nie more-vat kayla bunny park toe en dan lunch saam klomp vriendinne. Saterdag het ons n troue!

Ons het vandag geweeg- ek het 3.6kg verloor in totaal en selfs meer cm. Sommer 7cm om my waist en 5 om die boude!jipppppeeeee!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194297 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Ai bollie, dis darem net te erg. ek is sommer vol hoendervleis :( sterkte vir jou en jou man, dis nou lank na die tyd maar ek glo dis nog steeds net so erg vandag soos dit toe was. ek is ook net bly hy is nou agter tralies.

As ek jy is sal ek ook vir die operasie gaan, al help dit net om jou terug te kry na normaliteit even vir 'n jaar sal ek happy wees! jy kan nie so aangaan nie. ai man ek dink aan jou hoor.

laat weet asb wat die dokter se.

groetnis en lekker aand.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194288 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ek begin net al slegter en slegter voel!! Ek het doktersafspraak vir 15:30. Aaai, ons medies is al uitgeput met die baie siektes hierdie jaar. :(

Ek het nog my hele lewe lank moeilike sinusse, en het al paar keer oor die jare bronchitis of laringitis opgedoen, maar hierdie jaar het my sinusse my regtig platgetrek. Dit het my 'n paar kere nou al siek gemaak, dis asof dit net nie gesond wil word nie.

Ek gaan maar vandag by die dr. hoor om maar dalk die operasie te doen om dit te spoel ens. Al is dit nie 'n permanente oplossing nie, as dit help vir 'n paar jaar dan is ek happy. Dit is nou mits die medies daarvoor betaal! Ek glo hulle sal seker?

Grenaat, my skoonma is Feb 2008, presies 3 maande na ons getroud is, doodgeskiet in 'n armed robbery in hulle huis. Albei my swaers en my skoonpa was in die huis.

Die ou het haar toe sy in die gang opkom vasgevat en die geweer teen haar bors gedruk en toe sy skreeu toe skiet hy haar deur die hart :-(

Ek het moes haar nog daai aand dood verklaar. :(

Hulle het hulle omtrent direk na die tyd gevang, maar nou eers 3.5 jaar later is hy uiteindelik skuldig bevind maar het maar 18 jaar gekry. Maar soos ek gese het, die Here sal eendag van hom vra ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #194243 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, vertel asb weer van jou skoonma, wanneer het dit gebeur?

ja jy moet dalk vir R dokter toe vat, ek het nou al scary goed gehoor oor bronchitis die jaar. lyk my dis die jaar van siektes hoor, is dit die eerste keer wat jou sinus so erg is? dis beslis my eerste jaar, ek het nog nooit so erg en aanmekaar sinus gehad nie :(

Ja ackermans s'n is nie so smooth soos die buisie fissan nie, maar daai goed klou hoor, as ek vir henko geruil het na paar ure was sy boude steets with van die ackermans se salf :)

Kwaatjie, ek het nou net so storie met ruben se slaap gewoontes. hy het gister 10 uur gaan slaap toe staan hy eers half 3 op. wat beteken geen middag slapie nie. toe is hy vroeg vroeg moeg en moeilik.
vandag gaan regina hom net 2 na 2en half ure slaap, dan wakker maak sodat hy weer die middag kan slaap en kyk of dit beter gaan. hy slaap elke dag anders, vreemd.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account