More
Ralmarie, is jy nou hier om te bly??? hoop so!

Sit bietjie fotos op van jou klein rooikoppie, het hom so lanklaas gesien!
Gister was nice, die ou het baie idees en eerste gaan ons die verf tackle. dit gaan 'n plaas se prys kos want daar is baie mure wat geverf moet word en om ontslae te raak van die aaklige groen gaan 'n paar lae kos. dan die braai area en dan eers die tuin en plante en goed. weet nie lekker waar al die geld vandaan gaan kom nie maar ons vat dit maar stuk stuk, ons kyk na 'n 3 jaar plan (vrek dis lank! )
Hasie, hoop jy voel beter vandag en dat daai virus jou vinnig los. geniet die kiddies terug by die huis.
Rubentjie - wil nog nie rol nie, ook nie kruip nie, ook nie opstaan nie LOL lui gat die een. hy het darem al 2 onderste tandjies en 2 oogtande bo en die middelste twee is so ampertjies uit! Hy kan wel lag... dit doen hy te lekker

en hy love bubbles blaas dat sy hele gesig nat is
Dragonfly, bly julle het 'n nice tyd gehad en geluk met die kruip en opstaan! exciting times!
Kwaatjie, kan net imagine hoe rol daai ou seuntjie

ag ons ou goed is te pragtig