stella ek sal nog stuur, ek is net nou so ontstel ek kan nie eers reguit dink nie.
ons het na ons nuwe kantore in die fnb gebou gaan kyk. ons stap in en daar is 'n kantoor by die voordeur en dan die ontvangs dan stap jy in die gange af en dis hierdie huge vierkant met 40 kantore. dit is regtig vreeslik groot, die kombuis is huge, ons badkamers is stunning. ek dink toe nogal, shame die arme poep wat hier voor alleen gaan sit darem. en raai wie is daai poep EK EN FKN MARINA

Ek kan dit nie glo nie, ek was so de effen moer in ek kon myself nie help nie.
So my baas voel hy wil nie mense in die gange he nie vir sekuriteits redes so die mense wat meeste kliente ontvang sit voor, dis nou ons want ons werk mos met oudits so almal kom dien in en die couriers kom gewoonlik na ons.
Maar ek en marina is Senior nou sit ons heel voor by die ontvangs en heeltemal afgeskei van almal af. Wat beteken dat as ontvangs nie daar is nie...wie moet die deur oop maak, wie moet die kliente help, waar gaan hulle eerste inloer, by ons. sekuriteit....wat van ons sekuriteit, ons is eerste om aangeval te word deur 'n mal haas. Ons besige tyd kom nou, hoe gaan ons kan werk as daar elke minuut 'n klokkie gedruk word en mense by die voordeur inkom en verby ons deur stap. So elke 2de aap gaan sy kop in ons kantoor in steek.
wel my HOD het seker gesien ek is nie lekker nie toe bel hy my nou nou en se hy sal seker maak van ontvangs dat daar altyd iemand is en ook sal hy net vir ons kantoor permisie gee om met 'n toe deur te werk. nogsteeds, nou moet elke aap klop, ons skree KOM IN en die fkn goed het mos nie ore nie so ons gaan onself nog MEER frustreer as ons die deur toe maak, want hulle loer mos net so in en kom nie net in en doen hulle ding en loop nie.
jis julle, jammer oor die geskree en gevloek maar ek is so kwaad oor hy ons daar ingeskuif het. nou se hy hy kan nie anders nie wtf hy kan, skuif die snotkop girls voor in en ons agter waar ons hoort.
ons trek oor 2 weke en dan sit ons daar vir 3 jaar

ek is sommer lus en huil.