more.
jis julle, rubies het al sy verlore slaap ingehaal wat hy met die tande verloor het. hy het geslaap toe ek by die huis kom, toe word hy 6 uur wakker, 7uur terug in die bed en so 1 keer wakker geword in die nag. vanoggend toe ek ry toe slaap hy nog, en hy is gewoonlik 1ste wakker. shoe.
en ja, VANDAG IS DIE DAG LOL
Kwaatjie, ek sou ook aandring op slaap. die skool moet ook jou roetine respekteer en in ag neem. as jy voel hy moet nog slaap meot jy dit vir hul se, al is al die ander kids wakker moet hul hom in die bed sit. R se slaap roetine is baie dieselfde as M sin.
Moenie worry oor die kla nie, dis hoekom ons hier is, om te luister en te help, al is dit net met woorde.
oja, en is hy nie nog in die baba klas nie? slaap die ander kids nie almal min of meer dieselfde tyd nie dan moet hy nou sit en speel? nee nonsens.
Hasie, bly jy het die shop geniet. slaap jy lekker laat ?
ja henko was baie vinnig met die tande. hy het op 1 net 6 tande nie gehad nie

bek vol gehad
Sny stefan moeilik? Henko het so maklik gesny, ek het maar net gesien daar is nog 'n tand. nie eers die sny of kiestande was 'n probleem met hom nie.
Dragonfly. Shame man, kan dink jy het geskrik. jy moet eintlik vir daai mense van die jumparoo 'n brief skryf oor hulle simpel produk, regtig, wie wil vir hul kids iets gee wat hulle blou maak???
Onthou 'n blou kol bly baie lank, dan word hy partykeer so bietjie groen in kleur en dan geel dan gaan hy eers weg. Is sy huilerig of seer as jy daaraan vat? Dink nie jy moet worry nie, kyk maar hoe lank vat dit vir hom om weg te gaan dan sal jy met die volgende blou kol weet hoe lank hy daar gaan wees (en glo my, daar gaan nog baie wees

)
Henko is permanent vol kolle, partykeer dink ek, ai my kind jy lyk so sleg LOL as hy nie self val of teen iets val nie, stamp die hond hom om of krap hom

rowwe jack.