Hallo!
Okay ek het gelees maar onthou nie alles nie.
Dragonfly geluk met Kayla se 9 maande en sterkte vir die spuite! En eina vir die blou kolle! Troos jou daaraan, as dit seer was sou sy huil as jy daaraan vat! So ek glo sy is okay, die aaklige kolle vat net lank om weg te gaan. En skryf aan hulle oor die stupid produk!
Grenaat bly Ruben slaap nou so goed! Jy is in 'n lekker stoute bui ne! Jy is nie weer besig met 'n "April's fool" nie? Jy het ons mos lekker gevang!
Sjoe Bollie lyk my dit raak nou wild daar by julle! Kon jy toe darem verder slaap na al die gedoentes? Jislaaik dis sleg met die dat jou man so baie weg is! Dalk kry Riley koud deur die dag, die dat hulle haar warmer aantrek. Maar darem nie drie stelle klere nie! Dis te erg! Sy kan seker skaars beweeg met al daardie klere aan!

Ai ek hoop julle skud vinnig die nare hoes af!
Stella goed om jou weer te "sien"! Ons mis jou! Het jy darem lekker saam met jou ma-hulle gekuier so tussen al die werk deur? Hoop Xander voel gou-gou beter!
Hasie jy geniet omtrent jou af week! Lekker!

Bly om te hoor Claudia kuier so lekker! Ek is ook mal oor great dane honde! Hulle het die mooiste temperament! Wens ons het plek gehad vir een! Sterkte vir die troue Saterdag in hierdie ysige weer! Dis dierbaar van jou ma om vir haar 'n mantel te maak! Sy sou beslis gebibber het sonder dit! O ja, ek wonder ook. Hoe voel jou koppie vandag?
Hier is 'n website met 'n klomp glutenvrye resepte as jy wil gaan kyk:
mycookbook.all4women.co.za/recipes/59/gluten_free.html
Mare is terug in sy middagslapie patroon.

En gevolglik ook terug in sy normale aandroetine! Ek is so bly daaroor! En julle sal dit nie glo nie. Die klein klits staan regop teen die bed of banke of teen mamma se bene. Hy trek hom nie self op nie, maar as jy hom neersit staan hy en wil niks weet van sit nie. Ek sit hom nou so 15 minute op 'n keer in die loopring. Nou smile hy eers! Hy kan mos nou sien en self beweeg! En ek kry iets meer gedoen!
Julle ek wonder wat het van Lily (Janine) geword? Sy het net van die map af verdwyn!
Ek hoop nie ons groepie gaan tot niet nie! Dalk moet ek almal 'n slag weer sms'e stuur en kyk wat gebeur. Of het julle 'n beter voorstel?
Lekker dag!