shoe, ek is sommer net honger vandag, grrrr. ek het geeet maar ek is lus vir ham en kaas toasted of iets LOL
Die makro shopping was nice. ons sal dit beslis nou elke maand doen. ons het so R500 oor ons budget gegaan maar ons het baie ekstras gekoop. jy kan net nie blikkies kos koop nie, dit is in toe pakke en natuurlik aartappels en vars groente. maar die res is alles van los. Ek dink ons het regtig 30% meer gekoop as gewone maande so dis okay.
Bollie, ag mamma, baie geluk met die treetjies. dis so cute. sy gaan binnekort hol

Jammer om te hoor sy was siek, dit moes baie moeilik so alleen gewees het.
as die kids moeilik is vat dit aan mens - dis hoekom hul se jou huwelik moet baie sterk wees voor jy kids kry!
Kwaaitjie, dink jy nie hy moet nog 'n middag slapie vang nie? hoekom laat die skool hom nie slaap nie? slaap is baie belangrik, hulle is laf dat hul hom nie laat slaap nie. en ja, soos jy se dan is hy oormoeg in die aande en dis 'n nagmerrie. as R so oormoeg is wil hy nie eers eet of bad nie en hulle kan mos nie gaan slaap sonder kossies nie

Ai man, sterkte met dit alles, kan hoor jy is sommer nie lekker nie.
Die skool waarheen ons vir henko wil stuur het stilte tyd van 12 - 2 elke dag, vir die HELE skool so tot die groot kids moet stil wees of rustig wees. ek dink dis nice.
oja, ek onthou henko was ook op so moeilike stadium to hy by die skool was, hy was 10 maande. dan slaap hy nie die middag nie en moet dan 'n vinnige nap van by die huis. ek dink dis dalk 'n moeilike stadium nou wat hulle oorskakel van 2 na 1 slapies toe.
Bollie, ek dink beslis dis 'n fase. ek het al gelees hulle se die frustrasies kom van die kids wat alles wil doen maar niks reg kry nie. dit sal weer oorgaan sodra sy dit wat sy wil doen regkry. lol sterkte vir jou, hoop nie jy kom met te veel bruises uit nie