file Oktober mammies 2010

15 years 2 months ago #193146 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi

dragonfly, baie geluk met die kilos verloor. dis great. jy is ampertjies daar.

bollie, klink of jy 'n rowwe week voor het. shoe. sterkte. en hoop jy voel gou beter. ek het gisteraand sinustat gedrink en lyk of dit darem bietjie help.

ai Hasie, moenie tou opgooi nie, die regte ding sal kom.

gisteraand het ek vir ruben 'n chip gegee en nie besef hoe warm hy is nie. toe squash r hom en toe is hy te warm binne. ai hy het so gehuil ek het so sleg gevoel. en hy skud sy ou handjie maar hoe meer hy skud hoe stywer druk hy die warm chip vas :( die trane het so gerol en soene vat nog nie die pyn weg nie.

julle, dink jul ek kan al vir ruben oorsit op nido??? of is dit nog te vroeg

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #193136 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Dragonfly, klink of jy heel goed doen met die gewig verloor! Geluk. Een Kit Kat gaan seker nie te veel skade doen nie, moet nou net nie 'n gewoonte daarvan maak nie.

Bollie, klink of jy rof besig gaan wees vlg week. Watse tipe poste het julle op die Vodacom projek?

Ek begin nou erg stres kap oor hoe ons dit gaan oorleef sonder my salaris. Johan het nog steeds nie gehoor van die werk in Cullinan nie, sy pa se hulle het nog nie iemand aangestel nie en die base stry oor of hulle nog iemand moet aanstel. So ek begin dink dit gaan nie gebeur nie. Ek bid net dat hy wel iewers iets anders kry want op sy huidige salaris en sonder my salaris, gaan ons dit nie maak nie.

Lekker daggie!!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #193121 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Geluk met gewig verloor Dragonfly! Ag ek moet weer ook begin diet en fokus, ek kry myself net nie op daai punt nie :(

my sinusse het weer begin, lyk my hulle gee my "af" vir so 2-3 weke en dan begin hulle weer, want ek het snotneus en my keel is iets vreesliks seer van die nasal drip. Story of my life....so ek voel nie so waffers vanoggend nie!

Dis ook maandeinde vir my volgende week en dan is al 3 Managers op vakansie vlg week, so dit gaan dol wees EN dan moet ek nog recruitment doen vir 7 nuwe poste wat gevul moet word op ons projek op Vodacom....so wish me luck!!

Riley was vanoggend nie 'n happy chappy nie, sy was moeilik en sommer plein halstarrig, het haar humeurtjie vir alles gepluk :laugh: weet nie wat haar pla nie! Sy raak so frustreerd dat sy iets vat en dit druk of sy bal haar vuiste so en druk!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #193080 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal

Geluk Hasie met die staan en Bollie met die treetjie.

Shoe Granaat, dit klink soos n lekker groot bestelling-baie bly vir jou!

Melatonien word ook gebruik vir mense om te help met jet lag. Ek het nog altyd maar net goeie verslae van dit gehoor! Eks bly jyy n goeie nag rus gehad Hasie...

Shoe julle ek is baie moeg vannaand- het ook sommer skoon vergeet van aandete toe eet ek sommer Eddy se kit-kat. So my diet is nou seker ook maar mooi op gepeeeeeeep! Ons het vandag geweeg ek het 3.1 vir die maand verloor en het nog 3.9 om te gaan!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #193031 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat, groot plesier! Bly ek kon help. Ek hoop jy bly so besig.

Bly julle kom loer darem in met maand einde Kwaaitjie en Bollie, besig besig besig!

Claudia het nou nou weer vir so 'n split sekond gestaan, maar ek is glad nie haastig met hierdie loop ding nie. Ek wil nie he sy moet so gou groot word nie, dit maak my sommer bang. Nou nou raak ek weer broeis as sy te vinnig groot word. Maar ek het nogal gedink as sy so voor op die wa wil wees potty train ek ha sommer! Sal seker nie regtig nie...

Bollie, geluk met die eerste treetjie!!! Baie exciting!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #193022 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle!

Ek mis die gesels, maar dit gaan baie dol hier! Maandeinde is 'n nagmerrie! :(

Lekker dag!
B)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 2 months ago #193015 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Dis redelik stil hier vandag!

Dis net werk, werk, werk!

:(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account