Hi daar,
Ek sien dis maar stil hier vandag.
Grenaat, jy sal hom maar net moet wys jy kan jou finansiele bydrae bring. Dan sal hy jou laat aangaan. Ek dink dit gaan moeilik wees aan die begin maar as jy eers gevestig is sal dinge vlot loop.
Ek kan eers einde Oktober die hypnobirthing kursus doen

So ons sal maar 'n ander manier moet kry om my salaris te vervang tot ons daarby kom. Miskien moet ek solank kyk of ek 'n babygim kursus kan doen. Dan kan ek solank daarmee begin in die oggende. En dan ekstra klasse gee in die middae. Ekstra klasse is darem 'n goeie besigheid in die 4de kwartaal van die jaar.
Bollie, dis nie maklik as mens so 'n goeie salaris verdien nie. Gelukkig verdien ek peanuts, so ons sal dit maklik kan vervang. Maar nogsteeds, even my bietjie peanuts tel vir baie op die oomblik, ons kan nie nou sonder dit uitkom nie... Hopelik kry Johan daai ander werk, dit sal sy salaris amper verdubbel dan is ons goed op spoed! Kan jy nie met jou make up genoeg geld maak nie?