file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #192544 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
wie is nou OOIT lus vir werk... sigh

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #192540 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Aaai, ek is nie lus vir werk nie, maar ek moet :(

Grenaat, jip dalk is dit glad nie meer jou probleem vlg jaar nie :woohoo: :woohoo: selle vir jou Hasie....jaloers is ek nou ;)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #192494 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ja Hasie, jy weet dit maak my so kwaad dat hulle sulke druk op mens sit. jy se jy gaan nie stress oor jou werk nie maar jy doen tog, jy kan nie help nie. en met die ekstra druk, ai. Jy weet, ons besige tye wat ons net so sit en oudits verwerk kry ons nagmerries oor die papiere wat ons rondjaag en papercuts wat nie opblou bloei nie, :ohmy: regtig hoor LMGA

Ja hopelik is dit volgende jaar iemand anders se probleem. My assistent kraam Jan en sy wil stay home mom word as haar man groot genoeg verhoging kry, so dalk verloor my baas ons altwee, ek sweer hy gaan glad nie happy wees nie.

Sterkte met die dok afspraak!!! kom laat weet asb.
wens ek is jy wat vakansie het hoor.... oe sou darem lekker in die bed gele het met die weer!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #192448 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi daar!

Ek voel darem meer posetief vandag, seker omdat ek weet ek gaan dokter toe...

Stella, omdat ons oor die algemeen 'n redelike gesonde familie is het ons 'n baie basiese mediese plan. Ek moet na my GP toe gaan en deur hom verwys word na 'n spesialis anders dek die medies dit nie. Ook wil ek graag he hy moet my na iemand verwys wat regtig in ekseem spesialiseer en nie op my gaan oefen soos Kwaaitjie gese het nie. En ek ken nie dokters nie, so ek sal nie weet na wie toe om te gaan nie.

Grenaat, dit klink ROF ROF ROF!!! Augustus is reeds 'n rowwe maand vir julle en dan nog dit ook. Maar jy moet besef mens kan nie bloed uit 'n klip tap nie, so hulle moet maar geduldig wees as jy nie alles gedoen kry nie, hulle moet jou tog in staat stel om die werk te doen as hulle wil he jy moet dit doen. Hopelik hoef jy nie vlg jaar weer oor hierdie goed te worry nie!!! :woohoo:

Elaine, lekker om van jou te hoor! Bly dit gaan nou beter met die kiddies en sterkte met alles wat jy wil doen voor die ander 3 terug kom. Bou maar bietjie alleen tyd vir jou en Nadia ook in, met 4 kids kry jy seker min kans om aan een alleen aandag te gee. Geniet dit.

Gaan nou dr toe... Lekker daggie vir julle!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #192427 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi

Grenaat, aai man, hoe de hel wil hulle he julle moet julle werk doen, wat nog van goeie werk as julle nie die infrastruktuur het om dit te doen nie?????

Hasei, aai ek kry sommer seer vir jou part met jou vel :( Ek hoop hulle kan iets gee wat net nou verlogting bring en soos jy se , worry later oor die oorsaak!

Elaine, goed om weer van jou te hoor!! Sien jou so nou en dan op Facebook :) Bly om te hoor dit gaan darem goed met julle! Sit bietjie fototjie van Nadia op toe?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #192408 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo almal.
Gister was regtig 'n blou maandag :( ek het rondgehol soos 'n mal mens.

anyways, my besig tyd begin mos weer aug en die due dates vir die oudit verslae is 31 aug. wel ons trek 1 Aug alweer na 'n ander gebou (in die fnb op kerkplein en dit is een van daai ou ou geboue en dit spook blykbaar daar :dry: )
EN nou se my HOD gister vir my ons gaan 4 weke ofline wees en nie fone he daar nie. WTF x 10000. Ons mag nie die jaar overtime kry nie so geen aand of naweek werk vir my nie (wat my eintlik pas) maar hoe wil hy he moet ek 4500 verslae wat in aug (en eintlik op die 31ste Aug) ontvang prosseseer as ek nie 'n rekenaar het nie. en dit moet alles op ons sisteem wees binne 'n week na ontvangs. dis flippen nie speletjies klaar nie, wat nog as ek hande afgekap sit. ek is sommer glad nie happy nie.

okay, genoeg gekla!

Kwaatjie, M is mooi gesond en ek is so bly daaroor. shame die ente is nie lekker nie, maak nie saak hoe oud hulle is nie :( Hy is lekker lank ne!

Dragonfly, jy moet die mielie probeer, hulle kry regtig niks van die stronk af nie, kou maar net en suig dis al. :) en dit help maar net dat hulle mooi leer vashou ens.
Dis vir my te oulik hoe Sarah haar dogtertjie voer, sy gaan vinnig self eet, te kostlik!

Bollie Bly jou manlief is terug, jy gloei seker nou weer van al die TLC wat jy by die huis kry .... :woohoo:

Hi elaine, lekker om jou weer te sien. dit gaan goed hier met al die babas. Bly jou dogtertjie (en tjies) doen so goed :)

Hasie, hoe voel jy vandag? al beter>? Wat se die dr?

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #192396 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Hasie ek hoop jy het vandag nog 'n afspraak by 'n dermatoloog! Jy klink sommer niks lekker nie! Hoop regtig hy kan iets gee wat dadelik verligting gee! Jou niggie se seunskind klink te oulik! Sjoe op 7 maande al 12-18 mnde klere?! Dan is hy voorwaar 'n bulletjie! Hoe gaan dit met Stefan se lip? Is dit darem al gesond? En klein Claudia, is sy nog nie lus vir loop nie? ;)

Elaine goed om 'n slag van jou te hoor! Hoop jy kry al jou dinge gedoen voor die 3 oudstes klaar gekuier het! Bly Nadia raak nou so oulik!

Stella ek hoop nie Xander sukkel weer met een of ander pes nie! Hopelik is dit hierdie keer net tande nie ander griep goggas nie!

Ag ek het alweer die kamera tuis vergeet! Wil so graag nuwe fotos opsit! Mare is uit sy vreeslike lang nagte en terug in sy ou slaap-patroon van 19:00 tot 04:00. So dit gaan goed met ons!

Lekker dag!

En Grenaat en Melody ek hoop ons sien darem ietsie van julle vandag.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account