goeiemore.
ek is lekker moeg vandag, nie seker hoekom nie, ek sukkel al die heel week om op te kom in die oggend

ek hou niks van winter nie.
Hasie, bly jy voel beter vandag, hoop al die ekseem is sommer vinnig weg. LOL ja H slaap ook soos 'n see ster en dan dink hy nog hy is in 'n skop geveg ring ook so hy kan glad nie by ons slaap nie!
Bollie, ja die swottings gaan moeilik wees maar jy moet hom maar net aanhou aanpor van jou kant af. 3 jaar gaan gelukkig (of ongelukkig) so gou verby. jy moet dalk nou al aan iets begin dink of werk wat jy dalk kan doen (as jy wil) vir as jy eendag by die huis kan bly.
Ja dis sleg as mens goeie salarisse verdien, om dit dan net te los is moeilik.
my man praat ook nog niks van bedankings of by die huis bly nie, net - dit sal my deeltydse ding wees. ai ek weet darem nie. ek het so baie idees wat ek wil doen maar kom net nie by alles uit nie. hoe moet ek al my passies uitleef as ek net soveel ure 'n dag het en dan sal ek elke saterdag en sondag moet werk en wanneer sien ek dan my familie

ag ons sal maar sien, glo als sal uitwerk.
Rubies was gister baie moeilik en gisteraand, ek hoop daai wit pit op so by gums wil nou net uitkom en klaar kry.
Gepraat van tande, wonder hoeveel het klein Kayla nou al