More julle!
Hasie hoop jy voel beter vandag! Het Johan toe enige nuus van die werk gekry?
Stella bly dit gaan goed, al is dit duidelik dol by die werk! Bly julle het 'n lekker stoel vir Xander gekry! Nou kan hy lekker alles sien wat buite aangaan!
Melody bly Kayla het so goed geslaap! Nou voel jy ook sommer beter! Ek moet lag vir jou wat se mense hou nie van jou nie omdat jy so reguit is. Ek verkies weer daardie eienskap in mense, want dan weet jy presies waar jy met so persoon staan. Ek kan makliker verwerk dat jy vir my se ek is simpel en iets daaraan doen, as wat jy maak asof jy van my hou maar die oomblik as ek my rug draai praat jy sleg van my! Dus haat ek skynheiligheid! Mense wat nie daarvan hou nie, is bang vir die waarheid!
Grenaat ek hou van die handdoek metode! Klink na iets wat beslis mamma se rug bietjie gaan spaar! Hoop julle het die kuier geniet!
Mare is sommer heeltemal beter! Hy het net die snaakste slaap-patroon ontwikkel. Hy eet so 16:00 sy vrugte, dan gee ek bietjie melk en as hy so 17:00 aan die slaap raak, slaap hy dan sommer deur tot 04:00 die volgende dag. Hy mis dus aandete. Is dit maar net 'n fase waardeur hy gaan as gevolg van die siekte?
Hy groei nou uit alles in die lengte! Sy babygrows sit lekker los om die lyfie, maar die ou toontjies krul om in dit! Die dat ek nou 12 - 18 maande klere koop. Pappa wat nie regtig nog na baba-klere gekyk het nie, het Saterdag sweetpakkies gesien waarvan hy hou, toe moet ek die regte grootte kry en dit koop. Ek wil vir hom en Mare dieselfde hempies maak vir die somer. Het vreeslike mooi check materiaal gekoop. Nou moet ek net my tyd reg reel om dit gemaak te kry.
Ons gaan 11:00 vir sy 9 maande inenting. Dan kan ek 'n slag hoor wat weeg hy en hoe lank het hy geword!
Bollie ek is bly manlief het toe Saterdag huistoe gekom! Hoop julle het die naweek geniet!
Lekker dag!