Hi julle,
My kids het regtig goed geslaap gisteraand en ek is op skool vakansie, maar hoewel dit 'n ligpuntjie is, gaan dit nie baie goed met my op die oomblik nie.
Ek weet nie wat ek gedoen het of wat gebeur het nie, maar my ekseem het Vrydag nag besluit om 'n all time high te bereik. Waar dit voorheen 'n kol op my voorkop en ooglede was en stukkies op my hande, is my hele gesig, voorkom, oe, wange, neus, om my mond oral, oortrek van ekseem. My hande is nou heeltemal stukkend, geswel en vol blasies. En dit het verder versprei na die res van my lyf, my arms, bene, rug ens. Ek lyk nou regtig soos iets uit 'n monster film. En dit word net erger. Ek het Saterdag gedink dis erg, maar teen vanoggend is dit NOG erger. Ek is raadop en weet nie meer wat om daaraan te doen nie. Ek kan nie meer so aangaan nie. Dit neem my hele lyf oor.
Johan het nog niks gehoor van die werk nie, ek het gister met sy pa gepraat wat by die maatskappy werk. Hy se darem hulle het nog nie iemand anders aangestel nie, so hopelik is daar nog 'n kans.
Ek probeer om 'n afspraak by my dokter te kry vir more, sodat hy my na 'n dermatoloog toe kan verwys so gou as moontlik. So hou duime vas, want soos ek nou lyk kan ek nie juis vir onderhoude gaan nie.