file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #191904 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
ai man hasie, dis nou jammer. maar soos kwaatjie se is dit dalk maar beter dinge het nou tot 'n punt gekom. ag ek is sommer hartseer vir jou, dis nie lekker nie, is jy okay?

Kwaatjie, bly jy het gepraat. hoop dinge gaan nou beter. jy moet dalk maar dit bietjie kans gee en as jy steeds so voel ander plan maak.

dankie vir die komplimente met my ou rubies.

Bollie, jy moet altyd vir haar iets in die hand gee of elke hand as sy so staan, sien sy houvas haar bunny. hulle dink hulle hou vas aan jou en voel dan veiliger. henko het so begin loop met goed in sy hand, as hy nie iets het nie het hy geweier om te loop. hou vas 'n rattle aan die een kant en sy aan ander en as sy stap los die rattle :) sy sal steeds dink jy hou vas. o en ken jy die leer loop manier met 'n handdoek??? dit werk soos 'n bom

hoop manlief kom gou huis toe.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191898 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ag jinne Bollie daai juffroutjie is net te oulik! Sy staan al lekker sterk! Hoop saam met jou manlief kom more! Dis darem niks lekker sonder mens se man by die huis nie! En nou met die kleinding in die huis voel dit so asof hulle uitmis op al die oulike goed wat hulle doen! Sterkte vir al jou baie onderhoude! Klink uitputtend!

Hasie, jammer oor die retrenchment wat nou gefinaliseer is en yay vir die retrenchment wat nou gefinaliseer is. Die yay is omdat jy nou presies weet waar jy staan. Sterkte! Ek dink al die skole sluit vandag vir drie weke. Hier by ons was dit vroeg koud, maar leefbaar. Nou vries jy as jy jou neus by die deur uitsteek. Die wind is ysig! :ohmy:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191875 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Serious cuteness!!!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191872 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Poepies
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191870 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!!

Kwaaitjie ek is bly julle het dinge uitgepraat! Maar ek glo ook baie in my "gut feel", dis bitterlik min kere verkeerd, maar solank klein Mare net happy is, dan is die saak reg!

Heerlikheid, ou Ruben is net die mooiste seunskind!!! Wil hom opeet!

Hasie, ek glo die regte ding sal julle pad langs kom! Hoop Stefan se bday by Spur was lekker gewees!!

Ou Riley was so oulik gisteraand het heeltyd haar handjies geklap, ek neem aan hulle leer dit by die skool :laugh:

Madam het gisteraand ook alleen gestaan vir nogal lank, maar eventually dan slaat sy neer, gelukkig altyd lekker sag op die vet dik doek ;)

Ek is net so besig by die werk, die laaste ruk weer mal baie Interviews gehad, ons is weer bietjie op 'n recruitment drive vir van ons projekte en nuwe projekte in die pyplyn!

My man kom dalk moreoggend terug ipv Dinsdagaand, ek hou duim vas hy kan!!!!!!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191869 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek het sopas my retrenchment briefie gekry. So ek is nou officially geretrench. Nou ja, nou hoop ons maar dis 'n teken dat Johan die werk kry!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191865 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, bly jy het gaan praat. Net jammer mens sukkel om by die onderliggende dinge uit te kom. Hoop dinge gaan darem nou beter gaan vir 'n rukkie.

Ek het toe vir my fasiliteerdertjie 'n boksie chokkies gekoop, en ek moes myself gisteraand erg in toom hou om dit nie te eet nie!!

Johan se hy sal die mense bel as hy teen lunch tyd nog niks gehoor het nie. Ek bid maar vir goeie nuus.

Ons het die Spur baie geniet, het 'n video gemaak van Stefan se eerste Spur verjaarsdag liedjie en sparkle, so het nie fotos geneem nie. Ek sal bietjie die video op FB laai.

Ons termyn maak vandag klaar, so skoolvakansie vir my vlg week!! Yipee!!!

Jitte maar dis skielik koud hier. Vanoggend was nog lekker maar nou het daai koue front waaroor almal so praat met mening hierdie kant toe geslaan op ons. Pta mense verwag 'n koue middag, as dit nou hier is, is hy teen lunch tyd by julle.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account