More!
Okay ek het die bul by die horings gepak en gaan praat. Het toe heel goed afgeloop. Hulle se daar is niks fout nie. Hulle is besig met 'n verantwoordelikheid-skuif na die twee jong dames toe wat die kinders betref. Daar is nou ooreengekom as enige een van ons ongelukkig is oor iets, sal ons dit dadelik noem en uitsorteer. MAAR hier diep binne in my hart weet ek nog nie of ek heeltemal gerus is nie. Ek het 'n sesde sintuig wat nog selde verkeerd was. Maar my kind is oraait en hy lyk gelukkig!
Grenaat klink my jy verlang na 'n lekker stil naweek saam met Tim en die kids en niemand meer nie. Hoop dit kan volgende naweek vir julle so uitwerk! Ruben is net te dierbaar! Mens kan darem duidelik sien dis 'n seunskind, al het hy 'n dogtertjie kopband aan!
Ai Dragonfly, sterkte vir al die papierwerk! Ek is besig om twee maande se filing te doen.

Ek haat filing en in plaas daarvan om dit weekliks te doen, dan is dit vinnig, los en los ek dit. En dan vat dit my amper 'n dag om dit te doen!

Het Kayla darem beter geslaap?
Hasie ek glo julle gaan binnekort nuus kry! En ek bid vir goeie nuus! Vasbyt! Het jull die Spur geniet? Hoop ons sien 'n foto van Stefan en sy sparkle! Jy kry mos vandag nuus oor julle retrenchments. Hoop dis ook "goeie nuus".
En waar is al ons ander mammas?
Lekker dag!