file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #191652 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie Kwaaitjie. Ek dink ek sal die vliegtuigie koek ook maar net so doen... Gluten vrye koeke het nie die "gom" in wat gewone koeke het nie, want daai gom is juis die gluten. Dis hoekom die deeg nie so goed bind nie, dan breek dit maklik. Jy kan soveel eiers insit soos jy wil om dit te bind, dit breek.

Die dagsorg ding is 'n moeilike een. Ek weet ook nie hoe hanteer mens so iets nie. Wat gee jou die idee dat hulle snaaks is met jou? Miskien moet jy maar met hulle gaan praat en net hoor of daar dalk iets is wat julle doen wat julle nie agter kom nie. Miskien is dit iets wat maklik uit die weg geruim kan word en wat julle verhouding kan versterk.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191640 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie ek is mal oor die koek! Sjoe jy is 'n kreatiewe vrou! Dis regtig baie mooi! Ek is seker hy sal die roomys geniet! Onthou die kamera vir daai gesiggie!

Ek dink ook hy het so geslaap as deel van die genesings-proses. Slaap is beslis belangrik as mens siek is!

Wat moet gebeur sal gebeur. Ons elkeen se paadjie is vir ons uitgele en dis hoe dit sal wees. Sterkte vir die opgewondenheid en bietjie senuwees en alles! Wanneer sal hy hoor van die werk? Wanneer gaan jy jou hypno kursus doen?

Julle ek voel dinge is nie lekker by Mare se dagsorg nie, maar kan dit nie pinpoint nie. Hoe hanteer mens so iets? Gaan vra jy of daar fout is, of ignoreer jy die hele ding vir nou in die hoop dat die ding homself sal uitsorteer? Hy word nie sleg behandel nie, dit voel net vir my daar is 'n antagonisme teenoor ons. En ek hou niks van konflik nie, maar as dit by ons ou seuntjie kom, sal ek "veg" soveel as wat nodig is. :(

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191630 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is nou vrek honger!!!!! Cheddamelt steak op die brein...

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191628 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie, ek hou regtig duim vas vir julle dat die werk deurkom vir Johan!!

Ooo, lus maak jy my nou vir Spur kos!!! Ek is seker Stefan gaan baie vinnig vergeet van sy seer mond as hy eers daar is!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191624 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hier is laas jaar se verjaarsdag koek:

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191553 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Dankie vir die gelukwense!

Kwaaitjie, as mens so siek voel wil mens mos net slaap, en dis ook net slaap wat mens weer gesond maak. So daai ou lyfie het seker net bietjie rus nogdig gehad om beter te word. Bly hy is beter vanoggend. Hoop die siekte is sommer gou gou heeltemal verby.

Bollie, lekker vir jou Wacky Wednesday!! Ek is ook te lui om net vir myself kos te maak. Ons gaan vannaand Spur toe vir Stefan se verjaarsdag. Ek was nog nooit so opgewonde om 'n sparkle op 'n roomys te sien nie, ek kan nie wag om te sien hoe hy dit geniet nie. Hopelik voel sy mondjie darem gesond genoeg om ietsie te eet, maar ek is seker roomys sal werk...

Julle, ek het so 'n knop op my maag oor hierdie werk van Johan, nie dat ek bekommerd is daaroor nie, eerder opgewonde. Ons bid nou al so lank vir uitkoms, en dit het nou soveel keer amper gebeur, dit sal great wees as dit die keer deurkom.

Bollie, sterkte met die alleen wees, dis aaklig.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191536 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle

Die Wacky Wednesday was heerlik!! Ek is heeltemal te lui om kos net vir myself te maak :blush:

Dragonfly, daai tande is net super cute!! Jammer oor die min slaap, dit krap sommer mens se hele gemoed en alles om!

Ek mis my man nou nogal baie, ons stuur maar heeltyd vir mekaar fototjies! :laugh:

Stefan baie geluk met jou verjaarsdag!! :woohoo:

Kwaaitjie, ek is bly Mare is beter!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account