file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #191528 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, ek is skoon jaloers op jou Wacky! Het bitter lanklaas 'n lekker burger ge-eet! Gelukkig is so woelige kleinding eintlik 'n goeie teken! Sy is gesond en nuuskierig en leergierig! Dink net hoe vreemd dit sou wees om hierdie stroopsoet "houtpop" dogtertjie of baba te he! Kyk ek vat nou al 'n volle 10 minute langer om vir Mare aan te trek, so besig raak hy ook al. Hy wil alles vat en alles wil nie deur die moue gaan nie! :huh: :P

Grenaat nou is ek lus vir lekker braaivleis en pap! Nee, braaibroodjies! YUMMY!!!

Julle wanneer gaan ons weer bietjie kuier? Wens net ons kan Petro en Helene ook daar kry! :dry:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191525 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More!

Hasie baie geluk met daai grootseun se verjaardag! Shame hy het dit regtig nie lekker begin nie, ne! Hoop die ou lippie voel gou-gou beter! Dol dag wat jy gister gehad het! Ons sal bid vir die werk! Dit klink fantasties! :woohoo:

Dragonfly daai ou bekkie is pragtig met al die tande! Dis sowaar al 'n hele mond vol! Siestog, hoekom het sy so sleg geslaap? Sterkte aan mamma vir die dag! ;)

Julle ons ou seuntjie het my gisteraand uitgeboul! Hy het vanaf 17:30, toe ons uit Wolmaransstad ry, tot vanoggend 04:30 geslaap! Geen aandete, bottel of selfs sy medisyne nie! Moet se hy lyk heelwat beter vanoggend! Toe ek hom van oggend uit die bed optel word ek om die nek gegryp en gedruk! Hy is so vreeslike dierbare ou dingetjie! :P

Ai julle,'n vriendin van my is besig om van haar man te skei. Hulle het 2 dogtertjiesen die een het die 20ste Mei verjaar. toe sy hom vra om te help met geld vir haar vir 'n klein verjaardag partytjie, het hy net eenvoudig geweier. Dis nie dat hy dit nie het nie, hy wou net nie geld gee nie! Hoe kan mens so teenoor jou kind wees. Sy het 4 geword. Ag sulke goed is vir my so sleg! Sy sukkel ook nog elke maand om die onderhoud uit hom te kry. Dit bly 'n ewige geveg! :blink:

Mag julle almal 'n wonderlike dag he!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191515 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo

Shoe melody, kyk net daai bek vol tande!!!! het jy nou al vir haar 'n steak gegee??? :) sy gaan hom verslind. kan nie glo sy het al so baie tande nie, shoe man!

Geluk klein Stefan omlat jy vejaar. mag die Here jou seeen en nog baie jare spaar! 1.... 2....! yay! :)
shame dit was nou nie lekker oggend nie ne, gelukkig weet hy nog nie regtig watse spesiale dag dit eintlik is nie.

Shoe kwaaitjie, jy is gelukkig met die nag slaap ne! hoop hy hou dit so.

Bollie, lekker wacky :) yum. ek het gekook gisteraand en tim het binne gebraai!

oe hasie ek hou vir jou styf duime vas!!!!! ek hoop jou man kry daai werk dat jy sommer kan aftree :) dan kan ons meer kuier ook !

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191502 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Stefan verjaar vandag, toe borsel hy sy eie tande vanoggend, en staan op die toilet om die tandebrosel te bere, verloor sy balans en val homself kiduks. Een van sy onderste tandjies het sommer deur die lippie gesteek. Baie eina verjaarsdag!!! Gelukkig het sy ouma toe net op die regte tyd gebel om hom te troos, shame, sy hou aan se geluk met sy verjaarsdag en hy hou aan snik en se: eina maak, eina maak. Gelukkig het ons besluit om sy partytjie eers na my vriendin se troue in Julie te hou, so hy sal darem nie 'n blou mondjie he op die partytjie nie.

Dragonfly, sterkte vir jou dag!!! Hoop jy maak dit deur. Jitte maar daai dogtertjie van jou lyk cute met die bekkie vol tande!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191483 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Baie rowwe aand gehad, kayla was wakker Elke uur van 12:30 af en toe sommer heeltemal teen 4:30.

As ek voorheen nie lus was vir die dag is ek nou selfs nog minder.

Kwaatjie ek hoop ook Mare word gou beter en dat dit nie in die mangels gaan nie.

Carmen hoe gAan dit sonder jou man?

Anina, geluk met jou man so pos-hoop als daar werk uit.dis dan mos ideaal.

Aai ek het nou sommer vergeet wat almal verder te se gehad het.

Kyk my tande!
Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191433 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Skuus, ek was besig by die werk vandag. Ons assistente is geretrench en dit was hulle afskeid vandag. Natuurlik het ek weer die afskeid gereel so ek het heeldag rondgehardloop om potte sop en bottels sherrie en broodjies te organize. Ek het vanoggend my rekenaar aangesit, ingelog en toe nie weer kans gehad om daaraan te raak nie...

Johan het moontlikheid vir 'n baie goeie werk in Cullinan. Bid asb dat hy dit kry. Dit is amper seker dat hy dit kry, hulle het vir hom spesifiek gevra, maar hy moet tog nog aansoek doen. As hy dit kry, trek ons Pta toe. Ek sal Vrydag hoor van my retrenchment, maar ek dink as hy die werk kry, bedank ek. Die salaris waarvan hulle praat is genoeg dat dit my salaris ook sal vervang, en bietjie meer. Dan is enige iets wat ek deur ekstra klasse of hypnobirthing klasse inbring ekstra.

Bollie, ek lag lekker vir R wat al tantrums gooi! Julle gaan julle hande vol he met daai enetjie!! Claudia is ook maar so, my ma se sy reageer en tree op soos 'n 10 maande oue baba. Lekker voor op die wa dogtertjies van ons!!

Kwaaitjie, bly M is bietjie beter, hopelik is hy sommer gou weer perdfris.

Wow vir Ashleigh! Sy was saam met my in die Nov groepie. Sy maak nes my niggie. Myne is mos so naby mekaar, dis doenbaar.

Ek soek solank huis in Pta! Se as julle van iets hoor.

Lekker aand.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #191415 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
:laugh: ek sien ook daai ding Grenaat en Kwaaitjie, Riley gaan vir ons ore aansit :P :laugh: :woohoo: Gee my krag!

Ja nee die res is besonders stil vandag!!


Ekke gaan amper ry, julle moet almal 'n heerlike aandjie he xxx

Ek dink ek gaan sommer 'n Wacky Wednesday doen vanaand!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account