file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #191410 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Geluk Ashleigh! Geniet die swangerskap! Sy was mos saam met Anina by die November groepie?

Grenaat ek sien ook Bollie se klein lyfie gaan nog vir hulle roer! Sy vat nie bog van kabouters of juffrouens nie! :laugh: Sterkte met die nagbottel gespeen (is dit ooit 'n woord?)! Ek is baie gelukkig! Mare gaan slaap op die laatste 19:30, meestal sonder 'n bottel en dan word hy eers weer 05:00 wakker! Geen nagbottels nie. :huh: Hoop nie ek jinx myself nou nie! :ohmy: Grenaat dalk vergeet Riley se pappa van die brandgoed soos hy vergeet om voor die wynrak te staan om vir juffroutjie daar weg te hou. ;)

Hasie, hoekom is jy so stil vandag?

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191398 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
o ja, wow vir Ashleigh ne! great

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191397 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
Die brand kos idee is oulik, maar dan kry jy my slim man, skep eers vir die kids uit, vir vanaand en more en gooi DAN die brand goed LOL Ek is ook maar baie rustig met die sout en peper en spices tot nadat ek uiteskep het vir hulle!

LOL ek kan nie glo sy het getantrum nie! ha ha, jou kakkies is sommer vroeg geboek :) :) :)

Geluk met julle babas se vermaanding :P

Hoop ou M is gou beter. ai man. Sherbet, 9 maande, vrek nee - tyd staan stil.

Ek het toe sommer gisteraand besluit, dis nou so ek gaan ook die bottel weg vat ding doen. Waarvoor ek besluit het om dit op die langste nag van die jaar te doen weet ek nie :) Maar dit het goed gegaan. ek het virhom 11uur 'n lekker vet bottel gegee en toe het hy 2 keer wakker geword en ek het vir hom tee gegee. vanoggend 7uur weer melkies. ek gaan die tee volgende week vervang met water en hopelik sal hy dan ophou wakker word.

maar dit wys net, hulle is nie regtig honger deur die nag nie, klein buggers!

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191368 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
My jinne, julle onthou vir Ashleigh, sy het vir so 'n rukkie by ons gekuier? Het gesien:

Haar babatje is nou 7 maande oud en sy is 6 weke swanger met 2de enetjie :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191352 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, slim idee met die brand kos! ;)

Geluk met Mare se 9 maande vandag!! Hoop hy voel gougou beter!!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191277 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More more!

Bollie, geluk met Riley se 8 maande! Bly sy het so goed geslaap laasnag!

Grenaat ek gaan saam Hawaii toe! Is nog moeg vir hierdie vaal grou plek van ons! Kort nou ernstig son, blou lug, groen plante en die see! :dry: Nou het jy my lus vir lewer en pap! (SUG)

So 'n klein klits! Dat sy sowaar tantrum oor haar kos! Maar ek stem saam, mens moet lag daaroor. :laugh: Dit is nogal snaaks!

Ek weet hoe jy jou man gaan kry om op te hou om alles te brand spice. Se vir hom jy wil Riley saam met julle laat begin eet maar jy weet nie van die brandkosse nie. Sal dit nie te erg wees vir haar maag nie? Pappa sal darem so ge-eerd voel dat hy vir sy dogtertjie ook kook, dat hy dalk ophou met die brand kos. En hy gaan dink dis eintlik sy idee om op te hou met die brandkos want sy dogtertjie se magie is nog te sag daarvoor. :woohoo: Onthou, ons moet hulle altyd laat glo dat dit eintlik hulle idee was! ;)

Hasie hoekom breek die glutenvrye koek so maklik? Jy moet bietjie vir ons 'n foto kom wys van laasjaar se koek asseblief! Slim plan vir die kook-kursus! Ek dink alle mans moet so kursus loop. :silly: Jou man kan dalk vir Hilda 'n paar nuwe idees gee!

Mare is vandag 9 maande! Dit gaan nou te vinnig vir my! Ag en hy is niks lekker nie! Het so goor eina hoes ook gekry. En die ore wil net nie beter word nie. As hy Vrydag nog nie beter is nie, is dit maar terug dokter toe met hom. Ek is so bang dit gaan mangels toe en dan is die goed mos amper permanent ontsteek!

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191223 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
More!! Lyk my julle was stil gistermiddag!

Riley is vandag 'n hele 8 maande oud!! Kan nie glo hoe die tyd verbygevlieg het nie??? :ohmy:

Het juis vandag haar 9 maande inspuiting afspraak gemaak, die suster het toevallig gese mens kan vir hulle ook in plaas van eier ;n Marie beskuitjie gee, wat eier bevat en jy sal ook gou sien of daar 'n allergiese reaksie is ;)

Riley het soos 'n droom geslaap gisteraand! Sy het net so 1 uur gekreun toe gee ek vir haar bottel en toe slaap sy deur tot 7 uur, thank goodie goodness!!

Die juffrou vertel my vanoggend dat madam Riley haar eerste propperse tantrum gegooi het by die skool :ohmy:

Almal het eintlik gelag vir haar! :laugh:

Hulle was besig om die babas almal middagete te gee en toe moes sy nou wag vir haar kos. Sy was obviously toe nou vreeslik honger, want toe sy nie onmiddelik haar kos kry nie, toe begin sy van een kant na die ander kruip ( die babas word in 'n ry gevoer).

Toe val sy neer en huil en skree en skop die bene, en slaan die vloer en gooi haar bottel! Die juffrou gee toe maar vir haar 'n kussing dat sy darem nie seer kry as haarself so slaan op die vloer nie, en toe ignore hulle haar! :laugh:

Blykbaar het die trane so gespat en geloop, so ongelukkig was sy.....sies ek weet mens moet nie lag nie, maar dis eintlik nogal snaaks!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account