Ek het nou net gesien Annalize is hier! Sy beter kom hallo se!
Hasie, ek ervaar dieselfde met die Prospan. Mare het gisteraand aanmekaar gehoes, toe gee ek dit. Ons het almal deurgeslaap sonder 'n enkele hoes in die nag. Vanoggend aanmekaar gehoes, gee Prospan, toe ons by dagmoeder kom het hy opgehou hoes. Ek dink dis wonderlik. Beste van alles dis NATUURLIK!
Ons troue was vir my romanties. Dit was net ons, my pa en sy vrou en dan ons albei se moeders en manlief se twee seuns. Dis al. Ek is in 'n broekpakkie getroud, geen fieterjasies nie en toe ons uitkom na die tyd is die hele berg toe met mis. Hogsback is 'n pragtige sprokiesplek! Gaan kyk bietjie na
www.hogsback.co.za en ook
www.hogsback.com Die fotos kan net nie die sprokies-effek so mooi weergee nie!
Dit klink of jou nagte nou sommer stukke beter verloop! Dis darem erg as mens so min slaap!
Ek het 'n moeilike man om voor geskenke te koop! Ek moet maar so deur die jaar mooi luister wat se goed hy graag wil he of voel hy het nodig. Hy is gadget mal, maar my beursie is nie altyd so mal oor die gadgets nie!

Baue bly Johan het toe sy boek so geniet! Skoon vergeet van slaap!