file Oktober mammies 2010

15 years 5 months ago #191218 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
aloha

oe sal ek nie gelike het om nou op hawaii af te klim, 'n pienk blom necklace aan te sit en 'n groot pynappel drankie met 'n sambreeltjie in te hou vas nie ,,,,, sigh

kom ek verbeel my maar die rook wolke wat hier in die stad om my hang, is .... pragtig :dry:

ek dink elke dag aan almal wat op die platteland en by die see bly..... JULLE IS FKN LUCKY HOOR :laugh: :angry:

Bollie, lekker lag ek nou vir jou klein aapstert. sy is a busy body ne!
My man is net so brand freak. maak my partykeer so kwaad as hy die very peri so oor die kos gooi.

Hasie, die kook kllas is 'n oulike idee. more is die groot dag!

Kwaaitjie, my man is dieselfde. maar hy maak darem lekker lewer en pap :) en enige iets wat uit 'n blikkie kom kan hy ook lekker maak ;

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191078 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie en Kwaaitjie, ja nee dis lekker om 'n man te he wat HOU van kosmaak!

Ek moet se hy maak heerlike kos, maar hy het ook een ding wat ek haat...hy donner altyd masala of kerrie of iets in alles....daar moet altyd erens 'n brand spice inkom :laugh: Sal dit moet uit hom kry!!

Ok, ek gaan nou ry om Riley te gaan haal, chat more weer!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191065 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie, klink of jy jou hande vol het met daai madam! Sterkte so in die nagte, maar geniet ook die kansie om haar net vir jouself te he.

Kwaatjie, dankie vir die koek prentjie! Ek sal kyk of ek kans sien daarvoor, my gluten vrye koeke breek maar maklik, so ek bak gewoonlik net 'n plein koek in 'n oondpan en "verf" 'n prentjie daarop.

Eks bly dit gaan goed met Ralmarie, ek hoop sy kom weer eendag saam kuier, ek mis haar nogal.

Grenaat, hoop jy kan met 'n lekker glas wyn ontspan vannaand na jou hectic dag!

My man hou ook van kook, ek en n vriendin het besluit om ons mans vlg jaar vir hulle verjaarsdae op 'n kook kursus te stuur sodat hulle net bietjie mooi kan leer HOE om hul passie uit te leef, want ons kry party aande sulke snaakse konkoksies wat vir Hilda van 7de laan sal laat skaamkry. Gelukkig is die meeste van sy pogings darem lekker.

Lekker middag!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191058 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Bollie lol vir Riley wat slimmer as pappa is! Sy oefen solank vir wanneer sy groter is vir die wyn. Arme kop is seker al vol blou kolle met al haar "kortpaaie"!

Jy is gelukkig om 'n man te he wat hou van kook! Ek dink my man sal dalk vir homself 'n eier kan bak, maar gaan nie my kop op 'n blok sit nie. Hy sny liewer 'n blikkie oop of koop 'n russian en chips.

Die Celestine is waarskynlik iets wat die slym opdroog. Die naam laat my dink aan Celestamine wat soortgelyk werk. Kan verkeerd wees.

Lekker aand en soet slaap! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191051 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Hasie, ek is bly jou man het al geleer om te hou van lees, myne HAAAATTTTT lees, hy blaai selfs deur 'n Huisgenoot en kyk net prentjies...stel niks belang in enige vorm van lees nie :laugh:

Dis so maklik om vir my man iets te koop, as dit enigiets met kook of golf te doen het hou hy daarvan!!! Hy skimp nou al hoeka vir die messestel van Guy Fieri, dis 'n chef op Food Network, dis nou sy favourite chef op die tv!

Jong, ons mis hom maar so in die aande, en ons maak gewoonlik beurte om op te staan in die nag as Riley kreun en steun of haar dummy verloor het, nou moet ek alleen opstaan :P

Toe Riley siek was het hulle by die apteek vir haar "die mengsel" gegee, dit staan so op die bottel, en dit was Prospan en iets anders gemeng, ek dink dit was Celestine of so iets. Maar ek wil sommer nou 'n bottel Prospan kry!

Baie geluk met die huweliksherdenking Kwaaitjie!! :woohoo:

Dragonfly, geluk met Kayla wat oppad is na kruip!!

Riley val nogsteeds lekker haar moer suur elke dag, sy het nou juis 'n nuwe bloukol op die voorkop, want sy weier om om die barstoeltjie te kruip, so gaan onder deur, neem aan dis die korste pad, en dan stamp sy haar kop fyn en flenters, maar onder deur sal sy gaan! ;)

Sy het nou 'n nuwe ding ontdek, naamlik die winerack!! as jy haar kry dan is sy daar en en kou die punte van die bottels of sy probeer die bottel losruk.

My man gaan staan voor haar as sy oppad is, sodat sy nie kan verby nie, dan sit sy en speel met haar skoen, of met die label op haar hemp of lyk net vreeslik besig.......en as hy dan eventually vergeet en skuif dan move sy binne sekondes van daar tot by die winerack! :laugh: Julle hierdie kind van my is blerrie slim :P

Julle moet 'n lekker aandjie he jong, gaan nounou ry!

xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191022 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Okay, dis baie klein en ek kry dit nie groter sonder om die kwaliteit op te neuk nie.

As julle mooi koeke wil sien, gaan kyk by www.wilton.com Ek het die vliegtuigkoek daar gekry.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 5 months ago #191019 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie ek het 'n prentjie van 'n oulike vliegtuigkoek. Gaan gou kyk of ek dit kan laai.

Attachments:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account