Hallo julle!
Sien dit was maar stil oor die naweek.
My lang naweek was toe nie so lekker nie. Mare het keel- en oorontsteking opgedoen en is nog nie so lekker nie. Ons ou seuntjie wat nooit in mens se arms wil le nie, wou heeldag in mamma se arms wees. Arme ou seuntjie!
Hasie baie geluk vir jou man en boetie! Klink of julle pret gehad het! Al is die lywe seer!

Die hoesstroop is Prospan.
Grenaat Mare sukkel ook met sy tande! Die boonstes steek viervoet vas! 'n Rugby-trui is 'n goeie geskenk! Moet lag oor jou boetie so kompeterend is! Sjoe 1 jaar en 2 maande is darem vroeg vir potty train! Netnou ontwikkel die kind 'n mental probleem oor die toilet!
Dragonfly ek dink jy het die naweek oordoen! Mensig, wanneer het jy bietjie gerus? Ek het ook altyd bloed geskenk, nou sal my bloed waarskynlik bo-op dioe water dryf, so min yster is daarin! Ag Kayla is so oulik en sy smile regtig altyd! Soen daai bekkie mamma!
Bollie hoop julle naweek was lekker en julle het die braai geniet! Is Riley nou heeltemel oor haar siekte?
Dankie, ek sal maar die dagmoeder en trawante los dat hulle hom oefen en stimuleer, ek gaan nie daaroor stres nie!
Lekker dag!