file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #190639 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat, die springbok trui is 'n goeie present. Johan het Saterdag verjaar en met vadersdag Sondag en die luge kompetisie het ek nie by persente uitgekom nie. So ek moet nog vanmiddag gaan soek vir ietsie wat ek vir hom kan kry.

Hoop ou Ruben se tand kom vinnig uit!! Claudia het steeds nog nie tekens van tande nie.

Stefan het 'n lelike hoesie aan hom, toe gee ek gisteraand vir hom hoesgoed wat ek in my kas het van laas winter af, toe raak hy soooooo hiper aktief, hy wou glad nie gaan slaap nie. Toe sit ons hom maar by ons in die bed, maar hy het gele en rol en vroetel en rondgespring tot 1 uur! Ek sal maar vanmiddag daai natuurlike hoesgoed gaan kry, wat is die naam nou weer? Ons het anderdag daaroor gepraat?

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190615 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hi hallo

ja dis lekker koel vandag ne! eintlik was die hele naweek vir my lekker, maar koud :)

ons naweek was maar rustig, nie veel gedoen nie. Ek het vir tim 'n springbok rugby trui gekoop vir vadersdag...... bietjie duur gewees maar nou het hy dit (en hy skuld my big time :) )

ruben sukkel al weer vreeslik met sy boonste tand, die ding staan sommer so knop. hoop hy kom gou uit.

Hasie, shoe geluk met die 8ste en 4de plek, dis goed hoor! hoop manlief voel gou beter.

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:

File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190587 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle, op so 'n koue Maandag oggend!

Rowwe naweek vir ons ook gewees Dragonfly. Ek is lekker moeg vanoggend.

Johan en my boetie het mos aan 'n streetluge resies deelgeneem, dit was regtig baie nice, maar Johan het Saterdag en Sondag 'n hele paar keer geval. So hy is bietjie seer vandag. Hy het op die ou end in die luge komp 8ste geeindig (in die land) en my boetie 4de. Maar in die ander kompetiesie waaraan hulle deelgeneem het het hulle altwee in die eerste kwalifiserende rondte afgeval op die laaste draai en die hooi bale bietjie geherrangskik so hulle het toe nerens gekom daarin nie.

So ons het nie eers iets gedoen vir Vadersdag nie, maar ons het darem by my vriendin gaan kuier Saterdag aand vir 'n paar drinks vir Johan se verjaarsdag. 'n Paar drinks het toe 'n bottel Brandewyn geword... was baie lekker, my ma het na my kids gekyk.

Hoop julle het 'n heerlike week!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190558 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Wat n dol naweek- en al wat ek wil doen is relax-taboe met dit.

Het saterdag gou gaan bloed skenk-ek wil graag bonemarrow ook skenk-skoon vergeet om meer daarvan uit te vind.Toe oog toetse ens ens ens... En vandag na altwee ons pa's toe vir vadersdag...eers amper 5 uur by die huis gekom...lekker moeg nou.

Glad niks lus vir werk more-het Vrydag aand tot wie weet wat se tyd gesukkel om seker te maak als verloop volgens plan-gelukkig het dit so dis darm een minder stress...

Lekker week vir almal.

Granaat baie jamer vir jou suster en familie se hartseer.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190557 by Dragonfly

15 years 3 months ago #190459 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Ek het maar gewerk vandag, maar ek gaan darem nou amper ry!!

Grenaat, LOL met daai kompetsie van jou boetie :laugh: Party mense is maar net vreeslik kompeterend, ek dink nie hulle kan dit help nie ;)

Hehe, ek sien nog hoe se jy vir hom "told u so", as hy probeer potty train so vroeg! :laugh:

Dargonfly, ag sjamepies ou Kayla klink na so 'n vriendelike baba, sy smile net altyd al het sy baie seer :)

Julle moet 'n lekker naweek he, ons het nie veel aan nie, net braai moremiddag en aand by my swaer hulle, die familie het mekaar baie lanklaas gesien.

Baai xxx

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190349 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle,

Grenaat, ek het nou nou op die ander thread gelees wat jou sus geskryf het. Dis so vreeslik hartseer maar ek glo die Here het 'n plan met alles.

Kwaatjie, moet jou nie steur aan alles wat mense se nie. Een van ons Bybelstudie groep seuntjies was ook so 'n groot bul, hy het op 10 maande eers omgerol en op 11 maande gekruip, toe loop hy sommer op 13 maande. En ek kan jou belowe daar is niks fout met hom nie. Laat Mare se dagouma hom maar stimuleer om te staan en te kruip, ekstra aandag en stimulasie kan hom gelukkig nie skade doen nie. Maar hy sal doen wat hy moet wanneer hy gereed is. Die spiere moet darem ekstra sterk wees om so 'n groot lyf te beheer. My kids is vinnig met die fisiese ontwikkelling maar Stefan het laat begin praat ons sukkel weer baie met slaap probleme. So elkeen het maar sy dingetjies.

Ek is vandag af, dis so lekker, speel bietjie met my kinders! Lekker naweek almal!!

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account