file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #190327 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
hallo almal

skies ek het net verdwyn woensdag, het sommer my middag af gevat om by annika te wees. die babatjie is toe 3 uur gebore, 'n seuntjie :)

hy was so pragtig hoor. perfek geskape.

Kwaaitjie, ai die mense darem , hoekom kan hulle nie net die kids los dat hul in hul eie tyd hul dinge doen nie. maar dalk voel die juffrou nou dis maarhaar plig om hom te druk.

Ruben sit nog net :) hy is regtig 'n lui vettie hoor ! Maar ag, ek is nie gespin nie, hy moet kruip wanneer hy wil. F die res :silly:

My broer is mos nou van die.... sy kind moet alles beter doen as die res. My suster se seuntjie was baie vinnig, hy het op 10 maande geloop en was lank voor 2 al gepotty train. nou is my boetie so in kompetisie, hy wil nou begin potty train op 1jr en 2mnde :ohmy: Ek lag lekker vir hom want hy gaan sukkel.

So ek is nou in kompetisie... kyk of my kinders alles laaste kan doen LMGA.

Ruben sal beslis nie gou kruip nie en ook beslis nie loop voor hy 1 is nie.

hoe gaan dit met al die babas? ai julle, voel dit nie vir julle dinge gebeur te gou nie, raak hulle nie net te gou groot nie :( hoekom wil ons hulle push - dan gaan hulle mos net te gou groot word

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190201 by Dragonfly
Replied by Dragonfly on topic Re: Oktober mammies 2010
Hello almal-

Ek het gestraand kom inloer maar toe verdwyn als toe ek wou tik toe los ek dit maar.

Shame granaat, dis hartseer wat met jou suster gebeur het-alles van die beste.

Hasie die bokmelk is darm maar n moeilike storie-ek dink beslis vries is maar die beste opsie. Sal dit nie waterig wees as jy dit ontvries nie though?

Bollie, jy moet van Elaine se slaap sakkies kry dan sit jy Riley daar in en zip dit net toe

Kwaatjie, daar is niiks vout met Mare, my vriendin se seuntjie is selfde ouderdom as kayla en staan ook nog nie baie nie-babas verskil.
Kayla praat weer glad nie so daar is Mare weer voor.

Kayla begin nou rond wiggle-sal binnekort seker kruip.begin baie besig raak en ek love every second. Shame julle die tandjies maak lelik seer. My ma se partykeur ruk sy van die pyn en sy smile deur dit als. Sy is te kostelik vir woorde.

Eks baie bly more is n vakansie dag! Geniet dit!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190149 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ek is so te se op pad huistoe. Het vir Vrydag verlof ingesit. So ek sal Maandag terug wees. Miskien loer ek oor die naweek in as ek 3G kan kry.

Bollie geniet jou ontbyt afspraak more!

Hasie geniet julle naweek by moeder!

Grenaat sterkte vir jou en Annika! En al jul familie! :kiss:

En al die ander, GENIET jul week en naweek!

:P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190140 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Ok, julle is stil vandag, ekke gaan amper ry, lekker vakansiedag vir more en ek sal inloer as ek kansie het :)

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190069 by Cornel
Replied by Cornel on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi Gernaat,hoe gaan dit daar by Annika,is die baba al gebore?

File Attachment:


File Attachment:


Probeer vir baba van 2007.......
2008 1ste Miskraam - Normaal
2009 2de Miskraam - Chemiese
24/06/2010 ~ BFP!
Ginekoloog afspraak~ 26 Julie 2010
2010 3de miskraam - Ektopies (buisswangerskap)
21/10/2010 ~ Begin Femodene vbpilletjie drink
04/12/2010 ~ Los Femodene begin Ginette vbpilletjie drink.......

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190038 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Kwaaitjie, nee man, ek verstaan hoe jy nou voel ;)

Daar is niks fout met Mare nie, en dis nie reg dat hulle nou maak asof hy nie al doen wat hy moet doen nie.

As ek na Riley se klas kyk, dan is al die kinders op verskillende plekke van ontwikkeling, regtig, net omdat 'n papier nou se dis hoe dit op daai ouderdom moet wees, beteken nie dit is die einde van die wereld as dit nie so is nie. Kyk hoe uiteenlopend verskil die tande kry!! :laugh: Kayla het al 7 tande en Claudia en Riley 0. Moet jou net nie daaraan steur nie. Ek onthou nog toe ek vir Riley gevat het kliniek toe toe het die een suster haar kommer uitgespreek dat Riley dalk agter gaan raak, want sy drink te min, wel Riley is gesond, en happy en dun en so what? :kiss:

Julle, Riley pas nou in 3-6 maande, party is nog te groot :blink: MAAR AL die klere is te lank by die bene en myle te lank by die arms!! Ek vind weer Ackermans se broeke is lank, Riley pas beter in Edgars se klere, dis asof hulle meer in proprsie is vir haar lyfie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190035 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hasie moet lag vir Claudia se babygrow bene wat agter haar aansleep! Jy moet by Pep kyk. Hulle klere is vir my besonder kort. Die moue, broekspype en selfs die lyfies van die klere. Jet se goed is sulke laaang maer klere wat baie smal is. Ek is maar mal oor Ackermans se klere. Die bokmelk klink omtrent na 'n duur spul! En dan moet jy nog ver ry ook vir dit! Klink na die beste plan om dit maar te vries.

Geniet die kuier onder moeder se vlerke! Hoop julle het 'n lekker naweek en kry Saterdag-aand 'n lekker kuier in! En gaan geniet die ontbyt Sondag!

Ons moet almal 'n slag weer fotos van die kids opsit! Al die kids, nie net die babas nie.

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account