file Oktober mammies 2010

15 years 3 months ago #190029 by Hasie.
Replied by Hasie. on topic Re: Oktober mammies 2010
Hi julle

Grenaat, baie baie sterkte. Dit kan nie vir jou maklik wees om jou sussie by te staan nie. Maar jy moet nou die sterk een wees jong, sy kan nie nou sterk wees nie, sy het nodig om te huil en te rou. Ek wil nie in jou skoene wees nie. Ek bid vir julle.

Ek lag lekker vir julle wat so sukkel met die aantrek! Ons het mos dieselfde probleempie. Elke keer as ek en Claudia stoei om iets aan te trek, dink ek aan Riley, dan weet ek darem eks nie alleen nie en druk maar deur. Johan weier om vir Claudia aan te trek, hy se sy skree op hom.

Johan verjaar Saterdag, so Vadersdag is eintlik vir ons op 'n simpel tyd. Ek sal hom maar uitvat vir ontbyt Sondag en miskien kan ons Saterdag aand uitgaan vir drinks saam met 'n paar pelle as my ma na die kids sal kyk. Ons is by my ma hulle vir die naweek want Johan en my boetie neem aan 'n luge resies deel by die Voortrekker monument. So ek kuier so bietjie by moederliefde in Pretoria.

Ek sukkel vreeslik om vir Claudia bokmelk te kry. Die blikke bokmelkpoeier gee vir haar krampe, die varsmelk is great, sy drink dit maar nou in die winter kan mens nie varsmelk kry nie want die bokke is preggies en dan produseer hulle nie melk nie. Woolies se hulle sal in September weer melk kry. Nou het ek 'n plaas gekry waar ek dit kan koop, maar dis in Rooihuiskraal. So ek gaan nou maar 40 of 50 liter op 'n slag koop en dit dan vries. Die skool het 'n kisvrieskas en gaan maar die melkies daarin bere en net so 5 liter op 'n slag in my vrieskas hou.

Kwaatjie, ek kan nie glo Mare is al uit 6-12 maande klere nie! Hy is GROOT! Claudia pas nie meer in 3-6 nie, maar 6-12 is heeltemal te lank vir haar. Haar voetjies kom net onder die kniee van die babygrows. Dit lyk baie koddig as sy so rondkruip met die lang bene wat so agter haar aansleep.

Professional birth supporter / doula
Antenatal educator (Hypnobirthing practitioner)

www.BeautifullyBorn.co.za

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #190028 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
Julle ek was nou die dag bietjie vies vir Mare se dagmoeder. Ek het gevra of hulle gesien het hy wurm soos 'n ruspe op sy magie en skop sy bene dan styf. (ek dink dis die eerste tekens van kruip) Sy het ge-antwoord ja, maar hy moet nou op sy bene begin staan. Daarmee bedoel sy soos wanneer mens hulle onder die arms om die lyfie vashou, moet hy staan. Dis nou volgens hulle ontwikkelings-gradering papiere wat dit so is. (weet nie waar kom dit vandaan nie)

Nou wil ek graag weet. Gaan dit so verskriklik saak maak as hy dit bietjie later doen? Hy staan so 60% van die kere wel op sy bene, maar is nog bietjie lui daarvoor. Nou word die dogtertjie wat 'n maand ouer as hy is( sy word die 23ste 10 mnde) as voorbeeld gestel. Werklik! Sy is nog fisies kleiner ook as hy, so sy sal makliker staan en wat ook al. Of reageer ek onnodig soos 'n verwoede leeuwyfie oor my ou welpie? :blush:

Ag dis nie lekker om jou kind by ander mense te los nie! Maak nie saak hou oulik of bekwaam of vriendelik of wat ook al hulle is nie! :S Ek dink ek wil sommer net met my man en kind by ons huis wees. :unsure:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189967 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Hehehe ja nee, met Riley is enigiets moontlik! :P

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189940 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
LOL Bollie! Sien al hoe wriemel sy haar uit die kombers en kruip kaalstert bo-oor die ander babas om by die pap uit te kom! :laugh: Toemaar Mare het ook nou met trieks begin wanneer ek hom moet aantrek! Dit ontaard nou in 'n geveg! :blink:

Geniet die ontbyt more! En die shopping! :woohoo:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189925 by Bollie
Replied by Bollie on topic Re: Oktober mammies 2010
Grenaat, aai man, so sy moet nog kraam? Ugh, jy moet jou sus maar mooi bystaan! :kiss:

Gaan goed hier, my man moet nou van Maandag tot volgende Dinsdag Kaap toe vir werk, so dis ek en Riley alleen! Ek weet nie hoe gaan ek aangetrek kry vir skool nie :laugh: Ek dink ek gaan haar kaal toedraai in 'n kombers en haar aflaai vir die skool laat hulle haar maar aantrek :laugh:

Want ek sukkel maar alleen. Ek het vanoggend baie hard gepraat, toe rek die oe so groot en toe huil sy so 'n hartverskeurende huil.... :(

Riley lyk ook darem nou vir my heeltemal gesond, touch wood ook :)

Gaan moreoggend bietjie saam met my 2 vriendinne ontbyt eet en pappa gaan na Riley kyk, en dan sal ons girls seker in die mall rondloop. Sal seker vir manlief ietsie moet koop vir vadersdag, sal maar sien wat is daar!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189923 by Kwaaitjie
Replied by Kwaaitjie on topic Re: Oktober mammies 2010
More julle!

Ai Grenaat die kraam gaan vir Annika swaar wees! Sterkte met die bystaan ook.

Met Mare gaan dit goed! Hy is steeds verkoue/griep vry. En so 'n patroon vir mamma! Ja, hier gaan ek al weer! Hy is nou soooo oulik! En praat te mooi. Dis mamma en pappa en baba en oupa en tier (klink soos "tie") en tietie (dummy) en toeitie (koeitjie). En dan is daar natuurlik ook allerhande "sjijaptaibabanees" tussen in. So cute! Ek is net bokommerd oor sy melk inname wat so drasties afneem. Hy drink nie eers 500ml per dag nie. Is dit genoeg? Ek sal volgende week by klinieksuster uitvind. Dis mos 9mnde ent tyd. Dan kan ek sommer 'n slag sien hoeveel het die mannetjie gegroei en wat weeg hy nou. Ek het begin 12 - 18 mnde klere koop, die 6 - 12 mnde is nou te kort! Sy toontjies druk vas.

Hoe gaan dit met al die ander babas? Waar is Stella? Sy was lanklaas hier.

Lekker dag!

Please Log in or Create an account to join the conversation.

15 years 3 months ago #189914 by Grenaat
Replied by Grenaat on topic Re: Oktober mammies 2010
more almal

dankie vir al die sterkte wense en gedagtes! Annika het gisteraand vir my verduidelik dat die plasenta heeltemal opgehou groei of 'leef' het, dit is hoekom sy nie gegroei het nie en dis hoekom sy nie meer binne kan bly nie, want sy sal geensins verder groei nie. en die dokter se sy is net te klein om te survive. Hulle stuur die koord, bloed en plasenta weg vir toetse dan sal hul weet hoekom en waarom dit gebeur het.

Nou wag ons vir die kraam, sy het al 2keer induksie gekry. haar man het gevra of ek asb kan bystaan want hy kan nie, shame hy het met haar eerste kind uitgepass toe moes hul hom uit die kraamsaal vat LOL ek gaan (as ek kan) paar fototjies neem vir ingeval sy dalk eendag wil sien, sy het gekies om haar nie te sien nie.

op 'n ligter noot, hoe gaan dit met al die babas??? Ruben is gesond, touch wood. henko is gesond, touch wood, so dit gaan goed :)

3 Jaar gelukkig getroud
Pragtige seuntjie, HENKO - gebore 1 Januarie 2009.
Nog n pragtige seuntjie, RUBEN - gebore 5 November 2010!
Baba nr 3? Mmmmmmmm ;)

File Attachment:
File Attachment:


File Attachment:
File Attachment:

Please Log in or Create an account to join the conversation.

Powered by Kunena Forum
Don't have an account yet? Register Now!

Sign in to your account